’n Skouspel van kleur en musiek by prof Botman se inhuldiging
Marimbaklanke, die woorde van ’n pryssanger en koorliedere het in die Kruiskerk en Konservatorium opgeklink as deel van die inhuldiging van prof Russel Botman, die eerste swart Rektor en Visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (US). Die mosaïek van musiek – van luisterryke kore en inheemse liedere tot die trompet, ’n strykkwartet, tromme, ’n jazz ensemble en die klavier – het die verskillende invloede gesimboliseer wat nie net die US gebring het tot waar hy vandag is nie, maar wat ook prof Botman se rol in die transformasieproses van die Universiteit verteenwoordig. Die hoogtepunt van die program was toe die Kanselier, prof Elize Botha, prof Botman se toga vir hom omgehang het. Die gehoor het hierdie geskiedkundige oomblik gevier met ’n staande toejuiging. Daarna het die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor, ‘n spesiale gelukwensingsboodskap aan prof Botman gerig.
Gaste het nasionale en provinsiale ministers en leiers, verteenwoordigers van verskeie buitelandse sending, burgemeesters, oud-rektore, verteenwoordigers van ander universiteite, US-raadslede, ere-doktorandi, bekendes uit die media- en sakewêreld, gemeenskapsleiers en personeel en studente van die Universiteit Stellenbosch ingesluit.
Kliek hier vir prof Botman se toespraak. (pdf formaat)
Kliek hier vir prof Botha se toespraak. (pdf formaat)
Kliek hier Minister Pandor se toespraak. (pdf formaat)
|
|
|
Die Rektor en Visekanselier, prof Russel Botman, is Woensdagmiddag amptelik ingehuldig. Hy word gelukgewens deur die Minister van Onderwys, me Naledi Pandor. In die middel is die Kanselier Prof Elize Botha |
|
| Prof Russel Botman, sy eggenote Beryl Botman, me Naledi Pandor, Minister van Onderwys, Prof Elize Botha, Kanselier van die US en Edwin Hertzog, Voorsitter van die Raad klink `n glasie op Prof Botman se inhuldiging. |