Hierdie doelwitte sou nie haalbaar wees sonder kwaliteit onderrig nie. Die Universiteit plaas dus ’n hoë premie op die bevordering, erkenning en beloning van goeie, verantwoordbare onderrigpraktyk en erken die sleutelrol van dosente in die realisering van Visie 2012.
Een van die boustene vir die realisering van die Universiteit se visie op die terrein van onderrig en leer is die verbintenis wat die Universiteit Stellenbosch aangaan om steeds daadwerklik te beweeg na die daarstelling van ’n studentgesentreerde onderrig- en leeromgewing, dit wil sê: leer staan sentraal tot die onderrigproses en dien as uitgangspunt vir die Universiteit se organisasie van onderrig en leer. In studentgesentreerde universiteitsonderwys maak die “oordrag van kennis”-benadering plek vir “onderrigaktiwiteite wat leer fasiliteer” en val die fokus op die aard, hoeveelheid en kwaliteit van die leer wat plaasvind.
- Uittreksel uit Onderrig- en Leerbeleid -
Prof Fourie se verantwoordelikheidsareas sluit in:
|