|
Slaghuis, 'n produksie aangebied deur die US Drama Departament, geskryf deur Willem Anker en onder regie van Martinus Basson is Vrydag oggend in Potchefstroom aangewys as die wenproduksie vir die Sanlamprys vir afrikaanse teater ter ondersteuning van jong opkomende akteurs en dramaturge. Willem Anker is aangewys as beste dramaturg en Martinus Basson as beste regiseur. 'Slaghuis' het meegeding teenoor 3 ander produksies, ingeskryf deur opvoedkundige instellings wat ook in aanmerking gekom het vir die prysgeld van R260 000.
Slaghuis gaan oor die skrywer Etienne le Roux, een van die groot ikone in die afrikaanse letterkunde en sy karakters wat rondom hom wemel, lewendig word en mekaar geselskap hou in 'n onheilige hiernamaals.
Slaghuis wys in die HB Thom Teater vanaf die 9de tot die 14de Oktober 2006 om 20:15. Besprekings: Sarina (021) 808 3216
|