Stellenbosch University
Welcome to Stellenbosch University
SU SoTL Conference Keynote Panelist - Prof Richard Stevens
Start: 22/10/2022, 08:00
End: 24/10/2022, 17:00
Contact:Anthea Jacobs -
Location: Hybrid

Die 2022 Akademieskap van Onderrig en Leer- (AvOL-)konferensie aan die US kom vinnig nader. Die kongrestema vir vanjaar is 'Assesseringskultuur en -praktyke in heroënskou vir ʼn transformerende studente-ervaring'. Dit sal ʼn hibridiese geleentheid wees - die voorkonferensiewerkwinkels sal van aangesig tot aangesig aangebied word by die Devon Valley Protea-hotel net buite Stellenbosch, en die res van die kongres sal aanlyn op MS Teams plaasvind. Die hoofspreker op die oggend van Woensdag the 24ste Oktober is Professor Paul Ashwin van die Universiteit van Lancaster. Die onderwerp van sy hoofrede is “Die rol van assessering in transformerende universiteitsondering". 

Afgesien van die hoofspreker sal konferensiegangers ook op die oggend van Dinsdag die 23ste Oktober kan luister na ʼn hoofpaneel. Die hoofpaneellede is Professor Lan Yang (Universiteit van Hong Kong); Professor Francois Cilliers (Universiteit van Kaapstad); en Professor Richard Stevens (Universiteit van Stellenbosch). Verlede week en voorverlede week het ons Professor Francois Cilliers en Professor Lan Yang voorgestel. Hierdie week stel ons Professor Richard Stevens (foto hierbo) voor.

Prof Richard Stevens is 'n medeprofessor in Handelsreg en visedekaan van die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit Stellenbosch (US). As kernrolspeler in die Fakulteit dien hy sedert 1999 as dosent in Insolvensiereg en bied hy ook sedert 2004 Maatskappyereg aan. Hy het al by internasionale konferensies in Skotland, Nederland en Australië as spreker oor maatskappyereg opgetree. Sy navorsingswerk handel oor aanspreeklikheid in maatskappyegroepe, en sy publikasies val dus ook hoofsaaklik op hierdie gebied. Professor Stevens se toespraak gaan fokus op “'n Oordenking van die assesseringskomponent van die LLB-programvernuwing in die US se Fakulteit Regsgeleerdheid." Klik hier om meer te lees. 

Besoek die US se AvOL-kongreswebruimte gerus vir meer inligting of kontak Anthea Jacobs by jacobsa@sun.ac.za