KENNISGEWING  AAN  LEDE  VAN  DIE  KONVOKASIE
VERKIESING  VAN  US RAADSLEDE  VIR  DIE  TERMYN

02 April 2012  -  01 April 2016

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch is in die pers in kennis gestel dat, weens die verstryking van die ampstermyne van mnr JP Bekker en dr DA Scholtz, asook die bedanking van nog ‘n raadslid vroeër, wat deur die Konvokasie tot lede van die Universiteitsraad verkies is vir die termyn 02 April 2008 tot 01 April 2012, daar drie vakatures in die Raad ontstaan het.

Lede van die Konvokasie is versoek om nominasies vir die vulling van die vakatures voor te lê.  Aangesien daar meer as drie (3) kandidate genomineer is, word daar ’n verkiesing gehou. 
U VERTROULIKE STEMBRIEF moet die Registrateur voor 16:00 op 13 Maart 2012  bereik.  Verifikasie van die geldigheid van stembriewe sal gedoen word. 

VERKIESINGSREëLS

  1. U mag  vir hoogstens drie (3) kandidate stem.   Merk die blokkie(s) langs die naam(e) van die kandidaat(e) vir wie u stem, en voltooi die stembrief (vind aangeheg).  Geen ander verandering op die stembrief is toelaatbaar nie.
  2. Niemand mag  meer as een keer stem nie en u moet die VERTROULIKE STEMBRIEF volledig voltooi.
  3. Indien nodig kan ’n VERTROULIKE STEMBRIEF in drukformaat by die Registrateur, Universiteit Stellenbosch (021) 808 9398,  aangevra word.
  4. Niemand mag namens iemand anders stem of op iemand anders se stembrief stem nie.
  5. Deur die voltooiing van hierdie stembrief neem die betrokke persoon persoonlik verantwoordelikheid daarvoor dat die verkiesingsreëls soos hierbo uiteengesit, nagekom is.  Die oortreding van bogenoemde reëls is bedrog en is ’n kriminele oortreding.  In alle gevalle waar bedrog vermoed word, sal dit ondersoek word en dit kan  tot strafregtelike vervolging lei.

U kan op een van die volgende 5 maniere stem – die sluitingsdatum vir stemme op welke manier u verkies om te stem, is 13 Maart 2012 om 16:00

  1. Elektronies by www.sun.ac.za waar ’n CV, visie en foto van elke kandidaat beskikbaar is
  2. Die voltooide stembrief te faks aan:  (021) 808 4499
  3. Die voltooide stembrief te skandeer en te epos aan konvokasie@sun.ac.za
  4. Die voltooide stembrief te adresseer en in ’n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF, aan Mnr Johann Aspeling, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Privaatsak X1, Matieland 7602, te pos
  5. Die voltooide stembrief per hand in ’n verseëlde koevert, gemerk VERTROULIK: STEMBRIEF, by
    Mnr Johann Aspeling, Registrateur, Universiteit Stellenbosch, Kamer 3016, Admin A, Ryneveldstraat, Stellenbosch af te gee.

Vind aangeheg die stembrief en 'n dokument met inligting oor die kandidate.

 

Mnr/Mr Johann Aspeling
Registrateur /Registrar