​​​JOU WELWEES IS BELANGRIK

Die Universiteit volg 'n studentgerigte benadering, met 'n besondere klem op alle studente se welwees. Een van die vele strukture wat opgerig is om hiermee te help (in noue samewerking met die hele Universiteit) is die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO). 

Die Sentrum is geleë by Victoriastraat 37, Stellenbosch (nr 8 op die kaart) en op die Tygerberg-kampus op die 2de vloer van die Tygerberg Studentesentrum (nr 10 op die kaart). Studente en ouers word aangemoedig om die webtuiste te besoek vir meer inligting oor al die dienste wat gelewer word: www.sun.ac.za/ssvo

Van die hulp en ondersteuning sluit die volgende in:

  • Studiemetodes
  • Tydsbestuur
  • Streshantering
  • Traumahantering
  • Persoonlike psigoterapie
  • Loopbaanontwikkeling
  • Akademiese onderprestasie
  • Ontwikkelingswerksessies  
  • Spesifieke steun aan studente met Spesiale Leerbehoeftes (Gestremdhede)
  • Gesentraliseerde eenstopdiens vir klagtes van onbillike diskriminasie, teistering, seksuele teistering en viktimisering.