Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Boodskap van visekanselier

Welkom by die Universiteit Stellenbosch.

Of jy nou terugkeer om jou studies voort te sit, of die eerste keer by ons aangesluit het, baie welkom hier. Stellenbosch is 'n inklusiewe universiteit wat aan almal behoort. En almal moet ewe tuis voel.

Ons wil jou voorberei om leiding te neem en uit te blink in 'n diverse wêreld, en hiervoor het ons 'n leer-en-leef-omgewing geskep waarbinne jy ʼn transformerende studente-ervaring kan hê, maar jy moet self jou geleenthede aangryp.

Jy moet van Dag 1 af hard werk. En as jy sou sukkel, moenie huiwer om uit te reik nie. Ons bied omvattende ondersteuning aan ons studente, en sal ons uiterste bes doen om te help.

Maak jou studies jou prioriteit, maar oorweeg dit ook om by 'n sportklub of studentevereniging aan te sluit, en raak betrokke by sosiale impak, want ons wil hê jy moet ʼn goedafgeronde individue wees wat 'n verskil maak.

Help ons asseblief om vanjaar water en elektrisiteit te bespaar, en om te herwin. Ons is immers dit aan ons planeet verskuldig.

Ek hoop jy gaan 'n wonderlike jaar hê. Dis die beste tyd van jou lewe – geniet dit!

Prof Wim de Villiers
Rektor en Visekanselier​