Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Belangrike telefoonnommers

​​​​

​​​NOMMERS VIR STELLENBOSCH-KAMPUS​

​Alle Navrae / Kliëntediens​021 808 9111
Akademiese Belangeraad (ABR)021 808 2493/2491
Beurse en Lenings021 808 9111
Biblioteeknavrae021 808 4883
Fasiliteitsbestuur021 808 4666
Kaapse Instituut vir Landbouopleiding: Elsenburg021 808 5453
Kampusgesondheidsdienste​021 808 3494/3496
Korporatiewe Kommunikasie  021 808 4977
Loopbanekantoor021 808 3568
Maatskaplike werker021 808 4994
MAD²-kantoor021 808 3632
Maties Sport021 808 4941/4642
Ombudsman082 807 2994
Primkomitee021 808 2493/2491
Risikobestuur en Kampussekuriteit 021 808 4666
​Sentrum vir Studentegemeenskappe (SSG)​021 808 2848
​Sentrum vir Studenteleierskap en -strukture (SSLS)​021 808 2312
Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO)021 808 4707
Sentrum vir Studentewerwing en Loopbaanadvies (SSWL) 021 808 4709
Studentegelde   
021 808 9111
​Studentesake​021 808 4585
Stellenbosch Studenteraad (SR)021 808 2493/2491
Taalsentrum021 808 2167
Toelating021 808 9111
Tygerberg-kampus (skakelbord)021 938 9111
Tygerberg Studenteraad (TSR)021 938 9591
US Gimnasium 021 808 4428
Verenigingsraad021 808 2493/2491

Noodnommers 

​Bêre hierdie nommers op jou foon

SSVO 24-Uur-Krisisdiens​082 557 0880
Studentestrukture en Gemeenskappe (SSG) 021 808 2848
Risikobestuur en Kampussekuriteit:
    ​​​· Opskamer vir algemene navrae en aanmelding van risiko's 021 808 4666
    ​​​· ​​​​24-Uur-Noodlyn vir rapportering van gevaar en ernstige insidente​​​ 021 808 2333
Die Ombudsman082 807 2994
Polisieblitspatrollie10111
Ambulans084 124 (ER24)
082 911 (Netcare)
Medi-Clinic noodeenheid (24-uur) 021 886 9999​

Afrikaans Flyer Arial reg.jpg

Kontakbesonderhede as jy bystand nodig het ​​

Die Universiteit Stellenbosch (US) wil vir almal 'n inklusiewe, verwelkomende tuiste bied. Studente word aangemoedig om mekaar te respekteer en te waardeer. Almal is geregtig daarop om met menswaardigheid behandel te word, ongeag velkleur, geslag, geloof of seksuele oriëntasie.

Rapporteer asseblief enige skending van menseregte of menswaardigheid, of enige ongerymdhede van watter aard ook al – om die waarheid te sê, enigiets wat jou ongemaklik laat voel – sodat dit so gou as moontlik uitgesorteer kan word. Ons sal absoluut alles in ons vermoë doen om te verseker dat jou tyd as student 'n positiewe en verrykende ervaring in 'n koesterende omgewing is.

Jy kan ondersteuning oor 'n verskeidenheid van sake op die volgende plekke kry:

  • Die US se Studentesake Afdeling is die oorhoofse koördineerde liggaam wat studenteondersteuning bied. Loer gerus in by Bosmanstraat 15A, Stellenbosch, skakel 021 808 9111 of stuur e-pos aan studentesake@sun.ac.za.
  • Die US se nuwe Eenheid vir Gelykwaardigheid bevorder sosiale geregtigheid. Maak ʼn draai by Victoriastr 39, Stellenbosch, of stuur e-pos aan unfair@sun.ac.za om diskriminasie, teistering, seksuele teistering of viktimisering aan te meld.
  • Die strukture in jou onmiddellike omgewing is ook 'n goeie beginpunt. Praat gerus met die Hoof, Prim, enige van die Huiskomiteelede of enige mentors in joukoshuis of Privaatstudente-organisasie (PSO)-wyk of kluster.
  • Dan is daar ook die Sentrum vir Studentestrukture en -gemeenskappe (SSG), wat by 021 808 2848 geskakel kan word. Gedurende die verwelkomingstydperk is hierdie nommer 24 uur per dag aktief.
  • Die Sentrum vir Studentevoorligting en -ontwikkeling (SSVO) kan genader word oor studentewelwees of sielkundige probleme. Besoek www.sun.ac.za/ssvo of skakel 021 808 4707 (Stellenbosch) of 021 938 9590 (Tygerberg).
    • As jy hulp nodig het in 'n noodgeval, bel SSVO se 24-uur-krisisnommer: 082 557 0880
    • Die US se Maatskaplike Werker: 021 808 4994
    • MIV/Vigs-hulplyn: 0800 012 322
  • Oor veiligheid- en sekuriteitkwessies, kontak gerus Kampussekuriteit (www.sun.ac.za/veiligheid):
    • Vir noodgevalle op die Stellenbosch-kampus: 021 808 2333
    • Vir Stellenbosch-kampus-verwante navrae/rapportering/saamstapdiens: 021 808 4666
    • Vir noodgevalle op Tygerberg-kampus: 021 938 9507
    • WhatsApp: 082 808 2333
  • Om met 'n dokter of verpleegkundige te praat, kontak die Kampusgesondheidsdiens (www.sun.ac.za/kampusgesondheid):
    • Stellenbosch: 021 808 3494/6
    • Tygerberg: 021 928 9590
  • Kontak die Akademiese Belangeraad oor enige kwessies wat met jou studies te doen het (bv. klagtes, taalkwessies, roosterbotsings, plagiaat, of probleme met dosente, mentors of tutors. Vind hulle by www.facebook.com/abrstellenbosch?fref=ts
  • Die Taalsentrum bied aan studente 'n verskeidenheid van dienste rakende taal- en skryfsteun. Besoek www0.sun.ac.za/taalsentrum vir meer inligting, of bel 021 808 2167.
  • Die Studenteraad (SR) word elke jaar demokraties verkies om jou belange te behartig. Besoek hulle kantore op die 2de vloer van die Neelsie Studentesentrum, of bel hulle by 021 808 2491/3.
  • Navrae wat verband hou met toelatings en finansies van studente (insluitende beurse en lenings) kan na die regte persone verwys word deur die US se Kliëntedienssentrum: Tel 021 808 9111, E-pos info@sun.ac.za.
  • Die US gebruik 'n etieklyn vir die anonieme rapportering van ongerymdhede. Dit word onafhanklik van die US deur Deloitte (www.tip-offs.com) bestuur: Tel 0800 204 549, E-pos sun@ethics-line.com.
  • As alle ander weë uitgeput is, is die Ombudsman, Adv Rina Meyer, die laaste aanklopplek vir studente, ouers of personeel met ernstige probleme of klagtes. Sy tree volledig onafhanklik op. Kontak haar by ombudsman@sun.ac.za of 082 807 2994, of besoek www.sun.ac.za/ombudsman vir meer inligting.