Welcome
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kampusgesondheidsdiens

​​​​​Die Universiteit Stellenbosch Kampusgesondheidsdiens (KGD) lewer ’n geïntegreerde en toeganklike kampusgesondheidsdiens aan studente en personeel en beskik ook oor ’n goed toegeruste apteek. Die diens ondersteun die institusionele welweesinisiatiewe vir studente en personeel en word op beide die Stellenbosch-kampus en Tygerberg-kampus aangebied. 

Vinnige vrae oor KGD: 

Is die diens gratis?

Dienste gelewer deur ons mediese dokters en fisioterapeute word gehef teen die minimum etiese tarief wat ons mag vra. Alle konsultasies deur ons professionele verpleegkundiges is gratis. Daar word slegs vir medikasie ʼn fooi gehef teen mediesefondstariewe. 

Op watter manier word betaling van dienste gedoen?

Ons is ’n geregistreerde diensverskaffer van alle mediese fondse in Suid-Afrika en Namibië en stuur dus alle rekeninge elektronies aan die mediese fondse. Ons aanvaar ook kontant-, kaart- en elektroniese betalings. 

Dek KGD alle mediese dienste (bv x-strale en tandheelkunde)?

KGD het professionele mediese dokters, fisioterapeute en verpleegkundiges. Alle ander dienste word verwys. 

Moet ek immuniseer word?

Dit is baie belangrik vir studente om van immunisering kennis te neem (veral eerstejaarstudente in koshuise). Die volgende immunisasies is opsioneel, maar word sterk aanbeveel:
Griep – jaarlikse immunisering
Meningitis – een inspuiting elke 3 jaar
Masels, Pampoentjies en Rubella (Duitse Masels) – indien nie-immuun, reeks van 2 immunisasies, jaarliks
Hepatitis A en B – verpligtend vir Gesondheidswetenskappe; kombinasie (Twinrix) beskikbaar, reeks van 3 inspuitings oor 6 maande
Menslike Papilloma Virus – reeks van 3 inspuitings oor 6 maande
Alle immunisasies is by KGD beskikbaar en pryse is op aanvraag beskikbaar. Kontroleer asb met u Mediese Fonds om uit te vind of immunisasies gedek word.

Bied KGD voorligting aan studente?

Ons bied voorligting aan pasiënte wat vir spesifieke toetse/siftings kom, bv MIV-toetse en familiebeplanning. Ander voorligting word deur die Sentrum vir Studentevoorligting en 
-ontwikkeling (SSVO) aangebied. Hul tel is 021 808 4707.

Is vervoer vir pasiënte beskikbaar?

Ons bied vervoer aan pasiënte wat binne die kampusradius is. Kontak Kampusgesondheidsdiens direk.

Hoe maak ek ’n afspraak?

Afsprake kan gereël word deur ons te kontak op die nommers hieronder aangedui of by ons spreekkamer. 

Wat gebeur in geval van nood?
Kontak KGD gedurende kantoorure.

​Alternatiewelik kontak die volgende nommers:

​Tydens kantoorure:​

KGD noodnommer, tel 076 431 0305

Na-ure of gedurende naweke:
ER24 noodnommer, tel 010 205 3032
Stellenbosch Medi-Clinic, tel 021 886 9999 of 021 861 2000
US se 24-Uur-Krisislyn, tel 082 557 0880
Kontrasepsie-hulplyn, tel 0800 246 432
MIV-hulplyn, tel 0860 HIV 911

Vir meer inligting gaan na:

Alle praktyke is Maandae – Vrydae vanaf 08:00 – 17:00 oop.

Fisioterapeute

Tel: 021 808 3392
Langs die gimnasium in die Sportwetenskap-gebou (nr 84 op die kaart)

Stellenbosch-praktyk

Tel: 021 808 3496/3494
Claassenstraat 7 (nr 16 op die kaart)

Tygerberg-praktyk

Tel: 021 938 9590 
3de Vloer, Tygerberg Studentesentrum (nr 10 op die kaart)