Telematic Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Videokonferensie

Sedert 2009 is Telematiese Dienste verantwoordelik vir 'n videokonferensie-eenheid. Die stelsel maak oudiovisuele persoon-tot-persoon kommunikasie moontlik vir vergaderings/onderhoude via landlyn- of internetaansluitings.

Videokonferensies

Die videokonferensiefasiliteit is in 2010 opgegradeer met voorpunttegnologie deur die aankoop van 'n nuwe Polycom HDX 8000 videokonferensie-eenheid (codec), 'n HD-kamera en twee 50" HD-skerms. Die eenheid se inhoudsvermoë sluit in beide mense en inhoud (stuur en ontvang).

Gasdosente en aanbieders kan ook van enige plek op aarde in die ateljee ingebring word via 'n videokonferensieskakel vir die aanbieding van 'n regstreekse uitsending. Die afgeleë aanbieder sal net toegang tot 'n vidoekonferensie-eenheid moet hê en die aanbieding via die videokonferensie-skakel na die videokonferensie-eenheid in die ateljee doen. Hierdie aanbieding sal dan aan die deelnemers via satelliet uitgesaai word. Die videokonferensie-skakel kan óf deur ISDN (telefoonlyne) óf IP (internetprotokol) gevestig word, afhangende van die afgeleë aanbieder se videokonferensiestelsel.

Die protokolle wat ondersteun word, is:

• ISDN via H.320 (insluitend "bonding")
Lynspoed: 3 x 128 kbps = 384 kbps

• IP via H.323
Lynspoed: 384 kbps (let asseblief daarop dat 'n verskeidenheid faktore die lynspoed kan beïnvloed)

Geagte Kliënt,

Om te verseker dat u videokonferensie vlot verloop, vra ons dat u asseblief, indien moontlik, ten minste vyf (5) werksdae voor die konferensie sal bespreek. Dit stel ons in staat om 'n toetsoproep met die ander party te reël teen einde risiko's op die dag van u videokonferensie te minimaliseer. Baie dankie.

Verbinding via IP: 146.232.113.172

Verbinding via ISDN: +27 21 886 4601

Kontakbesonderhede:

Patsy van de Rheede
Tel : +27 +21 808 3563
Stuur 'n e-pos aan: pvrheede@sun.ac.za

Toets:

Hennie Roux
Tel : +27 +21 808 2494
Stuur 'n e-pos aan: hennieroux@sun.ac.za

Fisiese Adres:

Telematiese Dienste
Administrasie A
Ryneveldstraat
Stellenbosch