Stroming
Die beskikbaarheid van nuwe tegnologieë en breëband-Internet maak die stroming van interaktiewe lesings/konferensies/tutoriale ’n werkbare opsie. Stroming kan gereël word vanaf die spesifieke ligging, of van binne die Sentrum vir Leertegnologieë (bv. in die Telematiese uitsaai-ateljee of in ’n spesiaal aangepaste stromingsateljee).
Die Leertegnologieë-span reël al die oudiovisuele en rekenaargereedskap (soos HD-kameras, hoëgehalte mikrofone en gespesialiseerde sagteware), en die nodige tegniese ondersteuning word verskaf. Die leer- of kongresgeleentheid word regstreeks op die Internet gestroom, terwyl dit terselfdertyd opgeneem word vir redigering en publikasie ná die geleentheid.
Verwant aan stroming is potgooi of lesingvaslegging. Die span by Leertegnologieë kan gekontak word om hulp te verleen om ’n lesing of potgooi digitaal op te neem.
’n Klankdigte ateljee is beskikbaar vir beide skerm- en stem-opnames met die benodigde tegniese ondersteuning. Alle toerusting word voorsien, of die kliënt kans sy/haar eie skootrekenaar gebruik.
Rig asseblief navrae aan:
Charl van de Rheede (Potgooie)
Tel.: +27 21 808 9191
Stuur ’n e-pos aan: cha@sun.ac.za