Telematic Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Uitsendings

Telematiese Dienste bestuur 'n tegnologieplatform wat satelliet-, selfoon-, webgebaseerde en videokonferensie-tegnologie integreer. Die ateljee op kampus saai uit na negentien verspreide leersentrums dwarsoor Suidelike Afrika.

Vanuit die ateljee op die Stellenbosch-kampus word regstreekse uitsendings na hierdie leersentrums uitgesaai. Die geënkodeerde sein word via die Intelsat 17-satelliet op 66.0°E uitgesaai. Die voetspoor dek die grootste deel van die Afrika-vasteland. Studente kommunikeer met die aanbieder in die ateljee deur van selfone gebruik te maak, of via 'n webkoppelvlak.

Rig asseblief navrae aan:

Hennie Roux
Ateljeebestuurder
Tel: +27 +21 808 2494
E-pos: hennieroux@sun.ac.za