Telematic Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Uitsendings

Telematiese Dienste bestuur ’n tegnologieplatform wat satelliet-, selfoon-, webgebaseerde en videokonferensie-tegnologie integreer. Die ateljee op kampus saai uit na negentien verspreide leersentrums dwarsoor Suidelike Afrika.

 
Lees meer >
Kopiëring van DVD’s

Telematiese Dienste het vier hoëspoed DVD-branders, wat ons die kapasiteit gee om 33 DVD's elke agt minute te dupliseer. Elke DVD het 'n maksimum kapasiteit van vier uur se hoë gehalte video-opnames.

 
Lees meer >
Videokonferensies

Sedert 2009 is Telematiese Dienste verantwoordelik vir 'n videokonferensie-eenheid. Die stelsel maak oudiovisuele persoon-tot-persoon kommunikasie moontlik vir vergaderings/onderhoude via landlyn- of internetaansluitings.

 
Lees meer >

Mobiele Kamera-eenheid

Telematiese Dienste, as deel van die Sentrum vir Leertegnologieë, besit ’n mobiele kamera-eenheid vir die opneem van enige gebeurtenis wat ’n dosent graag binne die onderrig- en leeromgewing wil gebruik as ’n greep tydens...

 
Lees meer >
Multimedia & Videoredigering

Die multimediaraadgewer verskaf ondersteuning aan dosente wat graag die rykheid van hul programinhoud wil verhoog deur doeltreffende virtuele leerruimtes te skep met die insluiting van grafiese ontwerp vir meer leerdervriendelike materiaal.

 
Lees meer >
Stroming & Potgooi

Die verreikende invloed van die Internet en die beskikbaarheid van nuwe tegnologieë maak die stroming van interaktiewe lesings/konferensies/tutoriale ’n baie aantreklike opsie.

 
Lees meer >