Telematic Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Hoe werk dit?

Studente wat vir akademiese programme op die telematiese platform ingeskryf het, geniet die ondersteuning van gekombineerde satelliet-, selfoon- (WhatsApp) en webgebaseerde tegnologie waardeur n doeltreffende virtuele leeromgewing geskep word. In hulle onderrig, gebruik dosente n kontinuum van leergeleenthede wat strek van sinchroniese interaksie (satellietgebaseerde tegnologie) tot asinchroniese interaksie via die webgebaseerde (SUNLearnbesprekingsgroepe. Hierdie metodes word gekombineer om n sosiale leeromgewing daar te stel wat die konstruksie van kennis ondersteun. Op hierdie wyse kan dosente onmiddellike skakeling met studente verbeter deur uitsendings, maar terselfdertyd volgehoue ondersteuning en opvolging verskaf via webgebaseerde interaksie, bv. aanlyn-assessering, aanlyn-soekinstrumentewikis en blogs.