Telematiese bestuur ’n tegnologieplatform wat satelliet-, selfoon-, webgebaseerde en videokonferensie-tegnologie integreer.
Telematiese Dienste het vier hoëspoed DVD-branders, wat ons die kapasiteit gee om 33 DVD's elke agt minute te dupliseer. Elke DVD het 'n maksimum kapasiteit van vier uur se hoë gehalte video-opnames.
Telematiese Dienste het ’n toegewyde kamer wat bespreek kan word vir aanlyn vergaderings.
Telematiese Dienste, as deel van die Sentrum vir Leertegnologieë, besit ’n mobiele kamera-eenheid vir die opneem van enige gebeurtenis wat ’n dosent graag binne die onderrig- en leeromgewing wil gebruik as ’n greep tydens...
Die multimediaraadgewer verskaf ondersteuning aan dosente wat graag die rykheid van hul programinhoud wil verhoog deur doeltreffende virtuele leerruimtes te skep met die insluiting van grafiese ontwerp vir meer leerdervriendelike materiaal.
Die verreikende invloed van die Internet en die beskikbaarheid van nuwe tegnologieë maak die stroming van interaktiewe lesings/konferensies/tutoriale ’n baie aantreklike opsie.