Telematic Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Algemene Vrae

    • ​​​​​Wat is telematies?  ​
      Die term telematies verwys na die metode van aanbieding. Die telematiese programme word aangebied d.m.v. direkte satelliet-uitsendings na ’n leersentrum of deur Internet- videostroming. Hierdie uitsendings is ten volle interaktief. Elke akademiese program voorsien studente aan die begin van die akademiese jaar met die uitsendingskedule.

    • Is daar ’n telematiese leersentrum in elke stad?
      Daar is leersentrums in die meeste hoofsentra. Sien die volledige lys hier

    • Hoe verander ek my telematiese leersentrum? 
      Stuur ’n epos aan telematies@sun.ac.za met jou versoek om van leersentrum te verander.

    • Watter programme is beskikbaar?
      Kyk hier

    • Hoe skryf ek in vir ’n program? 
      Kontak Akademiese Administrasie by +27 21 808 9111 of stuur ’n epos aan telematies@sun.ac.za
      Hulle kan hulp verleen ten opsigte van: 
      • ​Aansoeke.  
      • Registrasievorms, wat voltooi moet word nadat jy in kennis gestel is van jou toelating tot ’n spesifieke program. 
      • ’n Student kan nie sonder ’n registrasievorm registreer nie en sonder dat die registrasiefooi en alle ander uitstaande fooie betaal is nie.  Verandering van eksamensentrum. Alle veranderinge moet bevestig word via epos.

    • Hoe versoek ek veranderinge aan my inskrywing, soos bv. die kansellasie van my inskrywing?  
      ’n Geskrewe aansoek moet gerig word aan die Universiteit Stellenbosch se Hulptoonbank by info@sun.ac.za

    • Hoe kry ek op SUNLearn toegang verkry tot die modules waarvoor ek geregistreer is?  
      Stuur u navrae op SUNLeer hier of teken die probleem op die Servicedesk hierin.   

    • Hoe werk die interaksie met die dosent/aanbieder? 
      Interaksie met die aanbieder in die uitsaaisentrum by die Universiteit Stellenbosch vind direk en intyds via WhatsApp (083-792-1239) plaas.

    • Hoe kan ek die lesings stroom?
      Internetstroming vind plaas via YouTube. Die kursuskoördineerder sal die skakel stuur na al die studente wat vir Internetstroming geregistreer is. 

    • Hoe lank voor ’n uitsending sal die leersentrum oop wees? 
      Die leersentrum open 30 minute voor elke uitsending.

    • Is my eksamensentrum dieselfde as my telematiese leersentrum? 
      Nie noodwendig nie. Die registrasievorm bied die opsie om jou eksamen- en leersentrum afsonderlik te kies. Voor elke eksamen sal jy gedetailleerde inligting ontvang oor die eksamensentrum, insluitend die fisiese adres en kontaknommer van die toesighouer. 

    • Word alle lesings opgeneem?  
      Alle lesings word opgeneem en is drie dae ná die uitsending op DVD of geheuestokkie beskikbaar. Geregistreerde student kan die DVD van ’n spesifieke uitsending hier bestel.

      Enige vrae kan gerig word aan die Administratiewe Beampte, Charl van de Rheede, deur +27 21 808 9091 te skakel, of deur ’n epos te stuur aan dvds@sun.ac.za 

    • Hoe doen ek aansoek vir ’n studentekaart?  
      Studente het ’n studentekaart nodig om die eksamen- en leersentrums te kan binnegaan. Verplegingstudente moet xxxxx kontak.
      Alle ander student moet die Universiteit Stellenbosch se hulptoonbank by info@sun.ac.za kontak, of die IT HUB by Admin A op die Stellenbosch-kampus besoek.  

    • Waar bespreek ek ’n diens?
      Die volgende dienste kan aanlyn bespreek word by:  ​
      • Ateljee vir uitsendings  
      • Mobiele kamera-eenheid ​
      • L​​okaal vir aanlynvergaderings 

​​​Klik hier​ om enige van die aangebied dienste te bespreek.

    • ​​​​Watter inligting moet ek voorsien voor ek 'n Skype-vergadering kan skeduleer?

      Met in die invul van die aanlynbesprekingstelsel, hie​r​,  moet jy die volgende inligting invul:

      • Jou Skype naam
      • Die datum,
      • Tyd
      • Getal mense wat die vergadering sal bywoon. 

    • ​​​Wat is die kostes vir die gebruik van die dienste?  
      Navrae kan gerig word aan zsuliman@sun.ac.za