Students
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Registrasieprosedures: Stellenbosch-kampus

Studente in fakulteite op Stellenbosch-kampus het die volgende registrasie-opsies tot hulle beskikking:

Opsie 1: Aanlyn registrasie (selfregistrasie)

  • Aangesien die meeste studente aanlyn kan registreer, moedig ons jou aan om van die aanlyn registrasieproses op die studenteportaal gebruik te maak. Moenie toustaan nie – registreer aanlyn!
  • Die volgende studente sal nié aanlyn kan registreer nie:
    • Huidige US-studente wat een of meer toelatingsdokumente kortkom (soos ’n matriekvrystellingsertifikaat, amptelike uitslae, of postmatriekbewyse van toelaatbaarheid)
    • Huidige US-studente wie se hertoelating tot die Universiteit nie in orde is nie
    • Diegene wie se studenterekeninge by die Universiteit agterstallig is (debiteure). Raadpleeg asseblief die afdeling oor studiegeld vir verdere inligting.
    • Diegene wat vir spesiale programme of as spesiale studente registreer.
    • Diegene wie se akademiese rekord aan die einde van die vorige jaar ’n ander finale uitslag as “Slaag jaar” getoon het.
  • Registreer aanlyn by https://student.sun.ac.za/vanaf ’n toestel met ’n werkskermfunksie (“desktop view”) en internettoegang. Die beste webleser om te gebruik is Google Chrome.
  • Ons sal studente ook op kampus met die aanlyn registrasieproses bystaan.
    Studente (buiten studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe) kan van 12:00 op 24 Januarie 2024 die lokaal in die Admin A-gebou, Ryneveldstraat, besoek vir hulp met die aanlyn self-registrasieproses. Die rekenaargebruikersarea in die Neelsie (E24) is nie meer beskikbaar vir ondersteunde self-registrasie nie. ​
  • Indien jy nie aanlyn kan registreer nie of spesiale vereistes het, kan jy op kampus registreer gedurende ons (ondersteunde) kampusregistrasietydperk vir alle studente op Stellenbosch-kampus. Dít vind in die NARGA-rekenaargebruikerarea in die Admin A-gebou in Ryneveldstraat plaas.

Opsie 2: (Ondersteunde) kampusregistrasie (voor- en nagraadse programme)

  • Hierdie opsie is vir voor- en nagraadse studente wat nie aanlyn kan registreer nie of sukkel om hulle registrasie op die studenteportaal te voltooi. Indien jy hulp nodig het met aspekte soos kurrikulumadvies, kan jy gedurende die kampusregistrasietydperk persoonlik op kampus registreer.
  • Hou in gedagte dat elke fakulteit hulle eie registrasiedatums en -spertye vir (ondersteunde) kampusregistrasie het. Daardie datums is hier te kry.
  • Alle studente op Stellenbosch-kampus wat nie deur die aanlyn proses kon registreer nie, kan in die rekenaargebruikerarea (NARGA) in Admin A registreer.
  • Die enigste uitsondering is terugkerende voorgraadse studente van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe wat op Stellenbosch-kampus studeer, wat by me Jabu Zim in lokaal 3020, Admin A, kan registreer jabuz@sun.ac.za / 021 808 4842).
  • Raadpleeg asseblief die registrasierooster​ vir kampusregistrasiedatums.