Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​NEK Dokumente

​​​Aflaaibare riglyne en template.

Bevat 'n lys van dokumente wat aangeheg moet word om 'n deeglike en tydige beoordeling van 'n etiekaansoek te verseker. 

Document download Description
Kort CV templaat ’n Kort CV-templaat vir die doeleindes van navorsingsetiek-beoordeling. 
Antwoordbrief-templaat
Hierdie templaat kan gebruik word om te reageer op die kommentaar wat deur die etiekkomitee gemaak is. Die antwoordbrief/dekbrief help om die beoordeling van u hersiene vorm te bespoedig. Deur ’n antwoordbrief aan te heg, lei u die beoordelaar na die spesifieke deel/dele wat u hersien het. Dit bied ook die geleentheid om die rede(s) vir u antwoord/wysiging te verduidelik of te motiveer. Maak asb. seker dat u u antwoorde nommer (gebaseer op die nommering van die kommentare in die komitee se terugvoer) en dui aan in watter afdeling of bladsy die veranderinge aangebring is. 
Vertroulikheidsooreenkoms vir studente/personeel​
Hierdie templaat is deur die Navorsingskontrakkantoor binne die Afdeling Navorsingsontwikkeling ontwerp. Gebruik asb. hierdie templaat vir vertroulikheidsooreenkomste tussen die navorser en personeel soos veldwerkers, navorsingsassistente, studente-assistente, transkribeerders en vertalers. 

​​