Die Eenheid vir Nagraadse Inskrywingsbystand ondersteun huidige ingeskrewe studente, sowel as personeellede wat met nagraadse studente werk.

Die Eenheid is daarvoor verantwoordelik om inligting oor die Universiteit se nagraadse programaanbod op die webtuiste bygewerk te hou. Eksterne voornemende studente wat by die Universiteit Stellenbosch (US) wil inskryf, word aangeraai om die ​ webtuiste vir voornemende nagraadse stud​ente te besoek.

Huidige ingeskrewe studente wat verder aan die US wil studeer, kan die Eenheid gerus vir advies en leiding oor die beskikbare moontlikhede nader. Huidige ingeskrewe studente wat reeds weet waarvoor hulle wil aansoek doen, kan bloot hulle aansoeke via die US se elektroniese aansoekstelsel indien. 

Bykomende dienste sluit die volgende in:

  • 'n Adviessteundiens vir alle studente sowel as fakulteitsgebaseerde akademiese en steunpersoneel met betrekking tot nagraadse inskrywingsprosedures, assessering van buitelandse kwalifikasies, aansoekers se geskiktheid vir toelating, Engels-taalvereistes, ensovoorts;
  •  Die voorsiening van stawende dokumente vir internasionale nagraadse studente se visumaansoeke;
  • Die administrasie van voorbereidingsinskrywings vir graadstudente (predoktorale kandidate);
  • Toegang tot, en personeelopleiding in die gebruik van, die Nagraadse Administratiewe Ondersteuningstelsel;
  • ​Advies oor die Universiteit se gesamentlike grade met ander instellings​.​


149018470019475.png
Location.png ​​​​ Kamer 3018, Krotoa Gebou, Ryneveld Straat, Stellenbosch. 

​​