Division for Research Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​NNS-geëvalueerde Navorsers

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Die groot aantal NNS-geëvalueerde​ navorsers aan die Universiteit Stellenbosch ​getuig van die Universiteit se wêreldstandaard in navorsing. 

Behalwe vir navorsingsuitsette, word die kwaliteit en impak van navorsing aan tersi​​êre instellings in Suid-Afrika gereflekteer in die aantal gegradeerde navorsers soos geïdentifiseer deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS) graderingsisteem.

​Die NNS-graderingsisteem is 'n ​maatstaf stelsel waardeur individue wat die hoogste standaarde van navorsing toon, sowel as diegene wat sterk potensiaal wys as navorsers, deur 'n uitgebreide netwerk van Suid-Afrikaanse en internasionale eweknie-evalueerders geïdentifiseer word. ​Graderings is gebaseer op die kwaliteit en impak van onlangse navorsingsuitsette (oor 'n agt-jaar periode). ​​

Die mees kenmerkende kategorieë is: 

  • A - vir navorsers wat as wêreldleiers in hul veld beskou word; 
  • B - vir navorsers wat aansienlike internasionale erkenning geniet van hul eweknieë; 
  • C - vir navorsers wat as gevestig in hul veld beskou word; en 
  • P - vir jong navorsers met ​besondere potensiaal wat ​waarskynlik toekomstige internasionale leiers in hul veld sal word. 

Toekennings is geldig vir 'n periode van ses jaar. ​​​


Contact:

user.png Aasima Gaffoor

phone-call.png 021 808 9004