PHD-Kandidate – Bevestiging van Bywoning​

Aankomstyd

Alle doktorale graduandi word versoek om 30 minute voor die aanvang van die plegtigheid by die lokaal aan te meld. Graduandi moet direk na hulle toegekende sitplek beweeg. Jou sitpleknommer sal op jou uitnodiging verskyn.

Maart/April 2021 doktorale graduati

Vir doktorale gegradueerdes van Maart/April 2021 sal dít slegs ’n seremoniële geleentheid wees om oor die gradeverhoog te stap. Hierdie gegradueerdes se name sal nie in die Desember 2021-gradeboekie verskyn nie, en aangesien sertifikate reeds in die Maart/April-siklus ontvang is, sal daar ook geen verdere sertifikaat uitgereik word nie.

Kandidate wat in die siklus van Desember 2021 in absentia gradueer, sal nie in ’n later stadium die gradeverhoog vir seremoniële doeleindes kan oorsteek nie omdat ons nie by toekomstige plegtighede vir sulke groot getalle sal kan voorsiening maak nie.

​ ​ ​