pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​SKOOL VIR PUBLIEKE LEIERSKAP
OMGEWINGSBESTUUR​

Ons unieke interdissiplinêre programme rus studente toe met vaardighede op die gebied van omgewingsbestuur, -ekonomie, -etiek en -reg, ontwikkelingsbeplanning en omgewingsontleding, sowel as die geografiese inligtingstelsel. Onderrig geskied in Engels.​​​

​Die Nagraadse Diploma (Omgewingsbestuur) is ’n jaar lange, voltydse program gelykstaande aan ’n honneursgraadprogram van 120 krediete. Die program bestaan uit agt modules (sewe kern- en een keusemodules​) wat gedurende geskeduleerde kontaksessies op die Stellenboschkampus aangebied word. Bywoning is verpligtend.​​

Ná suksesvolle voltooiing van die Nagraadse Diploma (Omgewingsbestuur) kan studente aansoek doen om toelating tot die MPhil  in Omgewingsbestuur. Dié jaar lange program met ’n navorsingskomponent word op die Stellenboschkampus aangebied.​​​

Studente wat oor die MPhil in Omgewingsbestuur (of ’n soortgelyke kwalifikasie op magistervlak) beskik en sterk navorsingsvaardighede toon, kan om die  PhD in Openbare en Ontwikkelingsbestuur aansoek te doen.​​​​​


​​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​

 NAGRAADSE DIPLOMAS
  • NGDip​ (Omgewingsbestuur)
 MAGISTERGRADE
  • MPhil (Omgewingsbestuur)​​​


Aansoekproses