pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​AFRIKA SENTRUM VIR MIV/VIGsbestuur

Die Afrika Sentrum vir MIV/Vigsbestuur is 'n akademiese eenheid vir opvoeding, navorsing en gemeenskapsdiens wat verband hou met die bestuur van MIV/vigs in die wêreld van werk. Dit bied van die omvattendste MIV-opleidingsprogramme ter wêreld aan.​

Die Afrika Sentrum is gestig nadat die SA presidensie Stellenbosch Universiteit versoek het om 'n program te ontwikkel wat MIV/vigsverwante opleiding en vaardigheidsontwikkeling na die wêreld van werk neem. Die rasionaal was dat, buiten gemeenskapsaktiwiteite en mediese intervensies, voorkoming en sorg na die werkplek uitgebrei moes word om 'n impak op die epidemie te maak.

Die vlagskip-program is die nagraadse diploma in MIV/vigsbestuur, wat vir die eerste keer in 2001 aangebied is. As 'n direkte gevolg van die sukses van hierdie kursus, is die Afrika Sentrum vir MIV/vigsbestuur in Januarie 2003 gestig. Vandag bied die Afrika Sentrum ook 'n meestersprogram en 'n doktorale program aan.

​​NAGRAADSE KWALIFIKASIES​​​​

NAGRAADSE DIPLOMAS
Aansoekproses