pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Nagraadse Studies​​

      huidige ingeskrewe US-studente


Oorweeg jy dit om in 2024 jou studie nagraads voort te sit? Indien wel, moedig ons jou, as ’n huidige ingeskrewe student van die Universiteit Stellenbosch (US), aan om ’n aansoek op die Universiteit se aansoekstelsel (SUNStudent-aansoekerportaal) in te dien.
​​​​

​Die volgende kategorieë huidige US-studente moet die nuwe aansoekproses volg:

  • Huidige voorgraadse US-studente wat van plan is om in 2024 om ’n nagraadse program aansoek te doen;
  • Huidige nagraadse US-studente wat van plan is om in 2024 om ’n hoër nagraadse program aansoek te doen; and
  • Huidige doktorale kandidate aan die US wat van plan is om volgende jaar om ’n nadoktorale program aansoek te doen.

 Aansoeke vir bogenoemde kategorieë open op 3 April 2023. Let asseblief op die aansoeksluitingsdatums vir die onderskeie akademiese programme. Laat aansoeke kan ongelukkig nie oorweeg word nie.

​​

​AANSOEKPROSES

Stap 1: Meld aan op die aansoekblad via die aansoeker-ikoon, en kies die skakel Create a Profile.

Stap 2: Klik op Current/Previous Student or Staff.

Stap 3: : Tik jou studentenommer en geboortedatum soos volg in: <Studentenommer>jjjjmmdd> (voorbeeld: 1234567820020612, en klik op Fetch Details.

Stap 4: Werk nou die Create Profile-blad by.

LET WEL: Inligting wat in grys gemerk is, kan slegs bygewerk word deur ’n formele e-pos na info@sun.ac.za to te stuur waarin jy die veranderinge versoek. Gebruik die e-posadres op die profielblad of verstrek ’n nuwe adres waar die Universiteit met jou kan kommunikeer.

Stap 5: Skep ’n nuwe wagwoord vir jou aansoek vir 2024​.

Step 6: Sodra jy die Create your Profile -blad voltooi en op Create geklik het, sal ’n suksesboodskap verskyn. Kies dan om hetsy met jou aansoek voort te gaan of terug te keer na die aansoekblad. Hier sal jy dieselfde e-posadres en wagwoord moet intik as wat jy in stap 4 op die Create Profile -blad gebruik het.

Stap 7: Klik op Programme Selection op die aansoekportaalblad, en dan op Add om die program te kies waarom jy wil aansoek doen. Kies die fakulteit, programtipe en studiejaar, en klik op Save.

Stap 8: Klik op Personal Information en voltooi die ontbrekende besonderhede. Klik op Save.

Stap 9: Klik op Payment and Agreement. Kies "I accept the Application Terms and Conditions" en klik op Submit Application.

Stap 10: Studente wat tans by die Universiteit Stellenbosch geregistreer is én studente wat in 2022 geregistreer was, maar hulle studie gestaak het, hoef nie ’n aansoekfooi te betaal nie. Klik op Will pay later op die blad Payment and Agreement sodat ons jou van die aansoekfooi kan vrystel wanneer jy jou aansoek indien.


navrae

Rig enige navrae oor jou aansoek aan Kliëntedienste by info@sun.ac.za​.


OORWEGING VAN JOU AANSOEK​ ​​

Let asseblief daarop dat slegs saansoeke wat ingedien is, oorweeg sal word. 


NIE SEKER WAT OM TE STUDEER NIE?

Vir inligting oor die wye verskeidenheid nagraadse programme wat die Universiteit Stellenbosch aanbied, kyk gerus na elke fakulteit se nagraadse aanbod hier onder:​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​

​​​​​​​​​​​​​​​​​​