pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement GRONDKUNDE​

​Ons onderrig en navorsing handel oor alle aspekte van grondkunde (pedologie, grondchemie, grondfisika, hidrologie en grondbiologie) wat in die landbou, bosbou, ekologie en omgewingswetenskap toegepas word. 

Die nagraadse navorsingsprojekte konsentreer hoofsaaklik op die toepassing van grondkunde in produksieverwante dissiplines (wingerdbou, hortologie, agronomie en bosbou) en omgewings- en ekologiese studies (grondgesondheid, grondkoolstofsekwestrasie, watergehalte, die impak van indringer- en natuurlike plantegroei op grondsoorte, en omgewingsimpakstudies). Ons het onlangs ’n multidissiplinêre navorsingsprojek op die been gebring wat die gebruik van biohoutskool as ’n sanderige grondaanvulling en ’n agens vir koolstofsekwestrasie ondersoek. 

Boonop is ons goed toegerus vir fundamentele navorsing oor pedologie (die vorming en klassifisering van grondsoorte) en grondevaluering, en is ons die enigste universiteitsdepartement in die Wes-Kaap wat ’n volledige reeks Grondkundeprogramme aanbied, waaronder besproeiings- en waterbestuur.​


NAGRAADSE KWALIFIKASIES

 MAGISTERGRADE  DOKTORAL​​EGRADE
Aansoekproses