pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement GenetiKA ​

Die Departement Genetika het gevestigde navorsingsprojekte oor ’n wye verskeidenheid onderwerpe. Dít sluit in kleingraanverbouing (korog, koring en rog), die molekulêre tipering van wingerdvirussiektes en die ontwikkeling van virusweerstandigheid, die oordrag van breëspektrum- antivirale gene aan spesifieke kultivars, graangenomika en plant–insek-interaksies (d.w.s. gasheerweerstandigheid teen Russiese koringluis). 

Navorsing handel ook oor menslike genetiese siektes, hoofsaaklik die molekulêre genetika van yster- en heemverwante siektes soos porfirie en middelmetabolisme. 

Akwakultuurprojekte sluit in die teling van see- en varswaterspesies vir onder meer ’n beter groeitempo, en die genetiese bestuur van verskeie vis- en skulpvisspesies deur middel van molekulêre merkerontleding. 

Die Instituut vir Plantbiotegnologie bied ’n aantal interdissiplinêre programme, maar spesialiseer in die tipering en manipulering van primêre koolstofmetabolisme by plante. Die einddoel is om die betrokke metaboliese roetes te manipuleer ten einde opbrengs en gehalte te verbeter of nuwe, waardevolle plantprodukte te produseer.


NAGRAADE KWALIFIKASIES​

 HONNEURSGRADE ​ M​AGISTERGRADE
​​​​​​​  DOKTORALE​​​GRADE​​
Aansoekproses