pgstudies
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Departement voedselwetenskapPE

Die Departement Voedselwetenskap het ’n sterk navorsingsfokus en bestudeer spesifieke temas.

  • ​Projekte oor die voedselmikrobiologietema sluit in die opsporing en tipering van bederf en potensiële patogene in voedselprodukte. Die diversiteit van mikrobiese populasies in verskillende voedselprodukte, waaronder vrugtesappe, suiwelomgewings, babakos en gefermenteerde produkte, word ook bestudeer. Die tema beklemtoon die groei- en verrottingskenmerke van bederforganismes, veral dié wat hitte-intensiewe prosesse oorleef. Een van die nuwer navorsingsgebiede onder hierdie tema is die evaluering van ultraklank, as ’n vinnige, doeltreffende en ekonomies haalbare plaasvervanger vir pasteurisasie- en sterilisasieprosesse​.
  • Die omgewingstema in die voedselbedryf konsentreer op die gebruik van anaërobiese verteringstegnologie, osonering en ander voorbehandelingstegnieke om die doeltreffendheid van die waterbehandelingstelsel te verbeter en watergebruik in die algemene voedselverwerkingsomgewing te verminder.
  • Die voedselveiligheidstema ondersoek die vlakke van en tipes mikrobes in besoedelde riviere wat vir besproeiing gebruik word. Hierdie navorsing draai om die nasporing en oordragkinetika van mikrobiese bronne. Om verbruikers se gesondheid te beskerm en voedselsiektes te voorkom, is dit belangrik om die potensiële patogene in die besproeiingswater te verbind met vars produkte wat rou of na slegs minimale verwerking ingeneem word.
  • Die spektroskopietema evalueer grootskaalse naby-infrarooi (NIR) spektroskopie sowel as NIR-hiperspektrumbeelding vir die kwantifisering, kwalifisering, stawing en bepaling van onreëlmatighede in verskillende voedsel- en landbouprodukte. Modelle wat gedurende gehaltebeheer toegepas kan word, word ook ontwikkel.
  • Die graangehaltetema ondersoek en ontwikkel noodsaaklike metodes vir die doeltreffende kweking, produksie, verwerking en evaluering van verskeie graansoorte. Die tekstuur van die graan-endosperm en die rol van die proteïensamestelling van die onderskeie grane word ook ondersoek.
  • Navorsingsprojekte oor die sensometrie-tema is gewoonlik multidissiplinêr. Die chemiese, sintuiglike en fisiese eienskappe van voedselprodukte of nuwe prototipes word vergelyk, en gevorderde statistiese tegnieke word gebruik om bepaalde verbruikersegmente se smaakdryfvere te bepaal.


NAGRAADSE KWALIFIKASIES​
 MAGISTERGRADE  DOKTORAL​E​GRADE​​

Aansoekproses