Krygskunde bied gradeplegtigheid aan

’n Eenmalige konsessies is aan die Fakulteit Krygskunde toegestaan om op 10 Desember 2021 ’n gradeplegtigheid in persoon op die Saldanha-kampus aan te bied.

Hierdie reëling is slegs goedgekeur aangesien daar ’n baie klein hoeveelheid graduandi binne die fakulteit is.

Graduandi moet verder daarop let dat die werklike toekenning van die kwalifikasies eers op 13 Desember 2021 sal plaasvind. Daarom sal die toekenningsdatum van 13 Desember 2021 op graduandi se sertifikate verskyn en dit sal aan die adres wat op die universiteitstelsel verskyn, gepos word. Graduandi moet dus asseblief verseker dat hul korrekte posadres op die stelsel verskyn.

Datum: 10 Desember 2021
Tyd: 09:00
Plek: Joe Modise-saal, Saldanha-kampus
Laai die Krygskunde-program af

Tree asb met me Jeanné-Mari Mac Lachlan by jeannie@ma2.sun.ac.za of op 022 702 3017 in verbinding vir verdere inligting oor die reëlings vir die seremonie in Saldanha.