Maties
Welkom by Universiteit Stellenbosch

RSVP

​Hiermee wil ons jou graag gelukwens met jou voorwaardelike aanvaarding tot die Universiteit van Stellenbosch vir 2020. Ons is opgewonde dat jy ons as moontlike akademiese tuiste gekies het. 

Jy word hiermee uitgenooi na ʼn inligtingsaand met  Prof. Wim de Villiers ons Rektor en Vise-Kanselier.

Daar sal verteenwoordigers van al nege fakulteite en die Afdeling vir Studentetoegang (Beurse & Lenings; Koshuisplasings en Studentewerwing) teenwoordig wees.

DATUM: Donderdag, 22 Augustus 2019
TYD: 19:00 Verteenwoordigers van fakulteite en die Afdeling vir Studentetoegang sal van 18:00 beskikbaar wees.
PLEK: Mosaïek Lifestyle (sien kaart)
RSVP: Om te RSVP klik hier (voor of op 21 Augustus 2019)

Hierdie bied ʼn geleentheid vir jou, ʼn toekomstige Matie, om blootgestel te word aan wat die Universiteit Stellenbosch bied.​​​