ʼn Besoek aan die Stellenboschkampus kan een van die beste maniere wees om te
weet of dit die regte keuse vir jou is.
Indien jy dit oorweeg om vir voorgraadse toelating tot die Universiteit
Stellenbosch aansoek te doen sal dit vir ons ʼn plesier wees om jou (en jou gesin)
vir ʼn dag van aktiwiteite op kampus te hê.
Afsprake: Druk *120*1536# op jou selfoon en volg die instruksies.
Die Sentrum vir Studentewerwing (SSW) bied inligtingsessies en toere gedurende
die volgende tye (die grootste deel van die jaar, insluitende tydens
skoolvakansies):
Vrydae 10:00 – 11:00; 11:00 – 12:00; 14:00 – 15:00; 15:00 – 16:00
Parkering: Daar is besoekersparkering by ons kantoor gereserveer.
Alle inligtingsessies en kampustoere ontmoet en vertrek vanaf die Sentrum vir
Studentewerwing (SSW) se kantore:45 Victoria Straat, Stellenbosch.
Inligtingsessies: Inligtingsessies word deur ʼn SSW-ambassadeursdviseur aangebied
en is gestruktureer om voornemende aansoekers ʼn oorsig van Universiteit
Stellenbosch se aansoekproses, toelatingsvereistes, finansiële stelsel,
akademiese organisasie en studentelewe te gee. Ouers en studente woon die sessie
saam by (indien hul dit so verkies) en word aangemoedig om vrae te vra.
Toere: Kampustoere word deur huidige US-studente gelei en besoek die hoofpunte
op die US-kampus. Die toere gee ouers en voornemende studente ʼn perspektief van
lewe hier. Jou kampustoer sal na afloop van jou geskeduleerde inligtingsessie
begin. Wanneer jy jou bespreking vir ʼn inligtingsessie maak, dui asseblief aan
of jy ʼn kampustoer ook wil hê, of nie. As gevolg van ʼn groot aantal besoekers en
tydsbeperkinge, word koshuise nie ten tyde van die kampustoere besoek nie. Geen
toere word oor naweke aangebied nie.
Ons verwelkom skoolgroepe van 10 of meer op kampus vir groepbesoek sessies.
Groepbesoeke word op meeste weeksdae aangebied (die hele jaar) en ons beveel aan
dat jy jou besoek ten minste twee weke vooruit maak. Ons vra dat, ongeag die
graad waarin studente is, groepgrootte tot minder as 60 deelnemers beperk word.
Die formaat van hierdie vesoeke is op dieselfde beginsel as die individuele
inligtingsessies gebaseer.
ʼn Inligtingsessie, gelei deur ʼn adviseur, bied aan voornemende aansoekers ʼn
oorsig van die Universiteit Stellenbosch se aansoekproses, toelatingskriteria,
finansiële hulp stelsel, akademiese organisasie en studentelewe.
Die inligtingsessie word gevolg deur ʼn kampustoer (sou jy aandui dat jy ʼn toer
ook wil ontvang), gelei deur ʼn huidige US-student. Jy sal die hoofpunte van die
US-kampus besigtig, sodat jy ʼn idee van ʼn huidige student se lewe hier kan kry.
Alle groepbesoeke moet vooruit bespreek word by die Sentrum vir Studentewerwing
(SSW).
Kontak: 0218082371 | maties@sun.ac.za