Kansellasie van koshuisplek
1 Die Universiteit sal slegs ’n
kansellasie van koshuisverblyf aanvaar as jy dit skriftelik of per e-pos
indien. Stuur daarom asseblief enige kansellasie na faksnommer 021 808 3822
of e-posadres info@sun.ac.za by die Koshuisplasingskantoor, en onthou om jou
studentenommer en die rede vir jou kansellasie by te voeg.
2 Sonder so ’n kennisgewing sal jy ongelukkig nie vir enige moontlike
terugbetaling van die aanvaardingsbedrag in aanmerking kom nie.
3 Die Universiteit sal die datum van ontvangs van jou skriftelike
kennisgewing as die amptelike datum vir die berekening van enige
verskuldigde geld gebruik.
4 In geval van kansellasies van koshuisverblyf, hanteer ons die
aanvaardingsbedrag soos volg:
4.1 Indien jy voor of op 31 Oktober kanselleer, sal jy die volle
koshuisaanvaardingsbedrag terugontvang.
4.2 Indien jy ná 31 Oktober kanselleer, sal die Universiteit jou ʼn
kansellasiefooi van R640 vra.
4.3 Indien jy ná die eerste Vrydag na die beskikbaarstelling van die NSS-resultate
aan die begin van die studiejaar kanselleer, sal jy ongelukkig die volle
aanvaardingsbedrag verbeur.
4.4 Indien jy nie teen die begin van die verwelkomingsprogram opdaag nie,
sal jy ook die volle aanvaardingsbedrag verbeur en sal die Universiteit ook
jou koshuisplek kanselleer.
4.5 Indien jy nie toelating tot jou studieprogram kry nie of weens
omstandighede buite jou beheer nie die koshuisplek kan gebruik waarvoor jy
reeds die vereiste aanvaardingsbedrag betaal het nie, kan jy skriftelik
aansoek doen dat ons die aanvaardingsbedrag terugbetaal. Hiervoor moet jy ʼn
volledig gemotiveerde brief aan die Koshuisplasingskantoor rig en dit na
info@sun.ac.za stuur.
4.6 Onthou egter, die besluit om enige geld terug te betaal, berus by die
Universiteit.
5 Koshuisplek word vir die volle akademiese jaar toegeken. Indien jy jou
verblyf gedurende die akademiese jaar kanselleer, sal jy ’n kansellasiefooi
van 30% van die uitstaande verblyfgeld moet betaal.