Management
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​​​​​Candidate election banner.jpg​​​​

​​​​​​​

(Alfabeties gelys​​)


Klik hier om vir jou voorkeur kandidaat te stem​.

Hieronder is inligting oor die sewe genomineerde kandidate​.

​​​​

Mnr ​Jan Naude de Villiers

As ‘n 4de generasie Matie en ‘n pa, sal ek graag my deel wil doen om seker te maak dat ek en my mede-alumni se kinders eendag toegang kry tot dieselfde wêreldklas onderrig wat ek geniet het, maar ook die beste van dieselfde sosiale ervaring en kulturele waardes wat die US uniek maak. Ek ondersteun ‘n US visie van uitnemendheid in navorsing en onderrig, sowel as die uitbou van inklusiwiteit op kampus in balans met die bewaring van bestaande kampuskultuur wat bydra tot die US se unieke aanbieding.​


Klik asb ​hier vir 'n verkorte CV


​​​​

Mnr Tim du Plessis

Die korps van meelewende oud-studente is ‘n belangrike bate vir die US én vir alle oud-Maties. Gevolglik moet die konvokasie in harmonie leef met die groter US-familie. Die ongedurigheid van die afgelope paar jaar – onder meer oor die taalbeleid - moet in die bed gesit word sodat ons kan aanbeweeg.. Gegewe my komvandaan in die media sal ek my beywer daarvoor dat die US meer strategies na buite én na binne kommunikeer. Ons universiteit was in die onlange verlede té gereeld in die media om die verkeerde redes. ​


Klik asb hier vir 'n verkorte CV
​​​​

Prof Joan Hambidge

My visiestelling is 'n ondersteuning van 'n multitalige universiteit waar verskillende kulture erken word binne 'n komplekse moondheid. Dekolonisering van die kurrikula beteken 'n hersiening van kennis en nie 'n verlaging van standaarde nie. Alleen wanneer die unieke aard van ons geskiedenis erken word, kan ons internasionaal meeding. Ook ten opsigte van die unieke aard van Afrikaans wat sowel 'n Europese as 'n Afrika-verlede het. Genderregte sal eweneens 'n prioriteit wees. ​


Klik asb hier vir 'n verkorte CV
​​​​

Dr Trunette Renee Joseph

Ek sal Stellenbosch as Afrika se leidende navorsings-intensiewe universiteit bevorder, deur die universiteit se transformatiewe Visie 2040; visie; missie; waardes en Kode 2040 Eed, te ondersteun. Dit sal ek bewerkstellig deur seker te maak lede word gekonsulteer, en hulle stemme gehoor, deur dialoog en betrokkenheid, om die bestuur en toesig van die akademiese projek deur die Universiteitsraad, te versterk en te verbeter (die Konvokasie mandaat). Transformasie, toerekenbaarheid, deursigtigheid en integriteit, is sentraal in my respek vir die regte van lede: Ek moet verseker hulle waardevolle en kundige insette word in aanmerking geneem en reflekteer in die besluite geneem op Raadsvlak. ​



Klik asb hier vir 'n verkorte CV
​​​​

Mev​ Zibu MaSotobe

My vision is that of an active network of alumni that is strong, diverse and united in the vision of making a
positive impact in society, exceeding expectations, accountable and answerable for our role in building an
African continent that is inclusive and globally competitive. ​I believe our role as convocation is to demonstrate the values, history and traditions of the institution through our contribution to society. I have the capacity, skill and experience to deliver on this vision and I am mindful of the responsibility we must discharge to influence the trajectory of our commitment.




Klik asb hier vir 'n verkorte CV
​​​​

Mn​r Johan Acker Smit

Ek is ‘n trotse Suid-Afrikaner, Christen, asook ’n ervare uitvoerende bestuurder en suksesvolle besigheidsman. Ek glo dat die belangrikheid van goeie waardes en regverdigheid nie onderskat kan word nie. Ongelukkig toon die US al die tekens van nog ’n instelling wat in ’n afwaartse spiraal vasgevang is. Ons kan dit nie toelaat nie. Ek staan vir sterk leierskap, meriete, verantwoordbaarheid en gelyke geleenthede terwyl ek my sal beywer vir die behoud en uitbreiding van Afrikaans as onderrigtaal. Ek is ook oortuig van die waarde van tradisie vir die instandhouding van ’n wêreldklasinstelling. ​Kom ons stof die glorie van weleer af!



Klik asb hier vir 'n verkorte CV​
​​​​

Dr Louise van Rhyn​

Met 37 jaar se ervaring van komplekse veranderingsbestuur, sal dit 'n voorreg wees om as 'n brug op te tree tussen die gesamentlike wysheid van die US Konvokasie en die US Raad. Die US Raad het 'n sleutelrol om te verseker dat:

  - US 'n baken van hoop, uitnemendheid, en innovasie op die Afrika kontinent bly; en dat
  - US 'n plek is waar alle personeel en studente welkom voel en kan floreer.

 Ek het baie geleer deur met duisende leiers in verskeie sektore en lande te werk. Ek bring graag hierdie insigte en lesse na die US Raad. ​





Klik asb hier vir 'n verkorte CV
​​​​​


Dr Ronel Retief

REGISTRATEUR​

Universiteit Stellenbosch