Legal Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​

Regsadvies en -steun​​

Die Afdeling Regsdienste bied regsadvies en -steun aan die studente, personeel en bestuur van die Universiteit Stellenbosch – buiten aan die Afdeling Menslike Hulpbronne, Innovus en die Afdeling Navorsingsontwikkeling.

Ons ontvang al hoe meer en al hoe ingewikkelder versoeke, maar beplan om met uitnemende regsadvies en -steun daaraan te voldoen. Ons dienste verg 'n magdom tegniese kennis, uitstekende oordeel en insig sowel as uitnemende mensevaardighede om ons in staat te stel om in enige omstandighede doeltreffend en simpatiek op te tree.

 

Hierdie dienste sluit in:

·         regsadvies- en -steundienste;

·         die nagaan van kommersiële kontrakte;

·         regsrisikobestuur; en

·         litigasiebestuur.​