Legal Services
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​SU Campus.jpg​ 

Oor Regsdienste


Regsdienste vorm deel van die Registrateurs Afdeling en bied regsadvies en ondersteuning aan die studente (in beperkde omstandighede), personeel en die bestuur van die Universiteit Stellenbosch, met die uitsondering van die Afdelings Menslike Hulpbronne, Innovus en Navorsingsontwikkeling, wat hul eie regspanne het.

Ons klein, dinamiese span bestaan uit 11 lede, naamlik 'n Senior Direkteur, 3 Regsadviseurs, 'n Wetlike-nakomingsbeampte, Studentedissipline hoof, 'n Ondersoekbeampte en 4 Administrateurs ter ondersteuning van die pligte van die 4 takke in Regsdienste, naamlik Regsdienste en Ondersteuning, Kommersiële kontrakte, Studentedissipline en Wetlike Nakoming.​