Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

EG FAQ

 

Vrae Gereeld Gevra

 

1.       V: Watter gestremdhede ondersteun julle?

A: Alle gestremdhede of spesiale behoeftes wat na ons toe kom, word oorweeg. Wanneer ons kan ondersteun, sal ons jou inlig wat moontlik is en wat onmoontlik is, gegewe ons omgewing en hulpbronne.

2.       V: Is ondersteuning of spesiale akkommodasie outomaties vanaf skool/matriek oordraagbaar?

A: Nee, dit is nie outomaties oordraagbaar nie. Wanneer jy na die universiteit toe kom, moet jy 'n nuwe aansoek wat die riglyne van die universiteit volg, indien. Wanner jy geregistreer is, teken aan by www.mymaties.com en vind die Eksamens/Toetse-afdeling op die webtuiste. Gaan dan na die afdeling wat ekstra skryftyd meld vir die dokumentasie wat jy, jou fakulteit en jou praktisyn moet voltooi.

 

3.       V: Sal die melding van 'n gestremdheid my van aanvaarding uitsluit?

A: Jou aansoek sal saam met dié van al die ander aansoekers aan die universiteit oorweeg word, waar die toelatingsvereistes noukeurig nagegaan sal word. Jy sal jou gestremdheid en spesiale behoeftes moet meld as jy wil hê dit moet in ag geneem word, sou jou aansoek suksesvol wees.

4.       V: As ek ook by ander universiteite aansoek gedoen het en 'n beursvorm ingesluit het, sal die beursaansoek outomaties na Stellenbosch Universiteit gestuur word?

A: Nee dit is nie 'n outomatiese oordrag tussen universiteite nie.

 

5.       V: Assesseer julle mense vir 'n gestremdheid of spesiale behoefte?

A: Nee, ons doen dit nie. Ons moet 'n rekord of geskiedenis van jou toestand ontvang.

 

6.       V: As ek nooit voorheen gediagnoseer of geassesseer is nie en onseker is of iets verkeerd is, wat kan ek doen?

A: Maak 'n afspraak om 'n sielkundige by die Sentrum vir Studentevoorligting en –ontwikkeling, en ons sal 'n gesprek met jou hê oor die beste weg om te volg.