Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​
KLAGTEPR​OSEDURE

​Die eenheid fasiliteer alle klagtes oor onbillike diskriminasie en teistering. Klagtes kan by een van die Eenheid vir Gelykwaardigheid se vaardige en professionele gevallebeamptes vir die bekamping van diskriminasie en teistering aangemeld word. Volg hierdie stappe wanneer jy ʼn klag indien:

Stap 1: Dien persoonlik en vertroulik ʼn klag in by ʼn gevallekoördineerder vir die bekamping van diskriminasie en teistering by Huis Simon Nkoli, Victoriastraat 39, Stellenbosch.

Stap 2:  Voltooi ʼn voorlopige gevalassesserings- en innamevorm saam met jou gevallekoördineerder.

Stap 3:  Sodra jou gevallekoördineerder al die insidentinligting versamel het, sal afsonderlike vertroulike onderhoude met die klaer en die respondent gevoer word.

Stap 4:  Wanneer al die inligting ingewin is, sal verwysings (waar van toepassing) na interne ondersteuningsdienste van die Universiteit gemaak word.

Stap 5:  Die klaer sal dan na adviseurs verwys word, wat aanbevelings aan die hoof van die Eenheid vir Gelykwaardigheid sal maak. Ons streef daarna om dit binne drie dae vandat die klagte aanhangig gemaak is, te doen.

Stap 6:  Die klaer sal deur die hele proses op hoogte gehou word van vordering met die klagte.

​Nie-amptelike klagtes kan via unfair@sun.co.za aangemeld word. Studente en personeel op die Tygerberg-kampus kan ʼn afspraak maak met die gevallebeampte vir die bekamping van diskriminasie en teistering, wat die Tygerberg-kampus twee maal per maand en soos nodig besoek.