Center for Student Counseling & Development
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Individuele & Groepsessies

 

Individuele Psigoterapie

In individuele psigoterapie en berading ontmoet jy 'n spesifieke sielkundige gereeld om jou besorgdhede of probleme te bespreek. Afhangende van die aard van die probleem of die kwessie wat jy rapporteer, kan verskillende modaliteite van terapie gevolg word. Gedurende individuele psigoterapie werk jy en jou sielkundige saam aan jou besorgdheid of probleem en soek saam oplossings. Die duur van die terapie wissel gewoonlik van 'n paar weke tot 'n paar maande, afhangende van die aard van die probleem. By die Eenheid vir Psigoterapie en Ondersteuningsdienste fokus ons op korttermyn psigoterapie (maksimum 6 sessies) en krisishantering.

Groepterapie

Sommige probleme word beter in 'n groepomgewing hanteer waar jy die ondersteuning van ander kan hê en ondersteuning kan bied aan ander wat soortgelyke probleme ondervind. Jaarliks word verskeie terapeutiese en ondersteuningsgroepe in Stellenbosch aangebied. Hierdie groepsessies word deur professionele persone aangebied en het gewoonlik 'n spesifieke fokus.

Algemene ondersteuningsgroepe en verskeie korttermyngroepe word aangebied. Vir meer inligting oor hierdie groepe, kontak me Laurinda Milford by laurinda@sun.ac.za of Angelique McConney by angelique@sun.ac.za of skakel 021-808 4994