Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Kurrikulumkonteks

​​KK DeLTA 18 Aug.jpg

Die eerste stap in die beplanning van die kurrikulum is om te kyk na die konteks waarin O-L-A sal geskied. Dit staan ook bekend as die situasie- of behoefteanalise.

Dit is belangrik om kennis te neem en bewus te wees van die konteks op makro-, meso- en mikrovlak. Die makrovlak-konteks sluit die eksterne belanghebbers, byvoorbeeld die bedryf, werknemers, professionele liggame en hoër onderwys, in. Die mesovlak-konteks sluit die institusionele visie en doelwitte, die bestaansrede vir die program, departementele en dissiplinêre aspekte, beskikbare infrastruktuur, rooster, wi-fi, ens. in. Die mikrovlak-konteks sluit u as 'n dosent met u eie sterkpunte en swakpunte in, asook u studente met hulle behoeftes en agtergronde. Al hierdie aspekte moet in ag gehou word tydens die beplanning, ontwerp en ontwikkeling van u kurrikulum. 

 

Enkele spesifieke aspekte wat in ag gehou moet word, is die volgende:

Die US het 'n spesifieke benadering ten opsigte van O-L-A, wat in die Strategie vir Onderrig en Leer 2014-2018 (beskikbaar onder) beskryf word.

Wanneer u dink oor kurrikulumontwerp, raak die aspek van nosionele ure, soos gekoppel aan die kredietwaarde van 'n module ook belangrik.

Die leerruimte of lesingsale wat vir die fasilitering van studenteleer beskikbaar is, beïnvloed ook die ontwerp van hierdie geleenthede.

DeLTA kurrikulum.jpg 

Die podsending hieronder gee 'n kort inleiding tot die aspek van kurrikulumkonteks. 

 

​​ 

US-benadering

Studentgesentreerde leer

Volgens die Universiteit Stellenbosch Leer- en Onderrigbeleid (Leer- en Onderrigbeleid, 2007): "In die Strategiese Raamwerk (April 2000) is die Universiteit se visie op die onderrigterrein soos volg geformuleer: 'n Universiteit wat gekenmerk word deur onderrig van gehalte en die voortdurende vernuwing van onderrig- en leerprogramme en die skepping van effektiewe leergeleenthede / studiegeleenthede. Een van die boustene vir die realisering van die Universiteit se visie op die terrein van onderrig en leer is die verbintenis wat die Universiteit Stellenbosch aangaan om steeds daadwerklik te beweeg na die daarstelling van 'n studentgesentreerde leer- en onderrigomgewing." 


 

Die benadering van US ten opsigte van onderrig en leer word in die Strategie vir Onderrig en Leer 2014-2018 beskryf. 

Die podsending hieronder gee 'n kort oorsig van die US se benadering:  

 

 

 

E-ondersteuning (vermenging)

Die Sentrum vir Leertegnologieë streef daarna om die betekenisvolle en innoverende gebruik van tegnologie vir leer aan die Universiteit Stellenbosch aan te moedig.

Web resources.jpg 

 

 Verdere leesstof:

Article.jpgLearner-centered-teaching.pdf

 

 

Plagiaat

SU Beleid

'n Belangrike deel van O&L @ US is om personeel en studente te bemagtig om akademiese integriteit te bevorder en plagiaat te elimineer. Die Universiteit moet dus verseker dat die nodige meganismes in plek is om sodanige gevalle op 'n konsekwente en billike manier te hanteer.

Dit is dus noodsaaklik dat die Universiteit 'n beleid in plek het om hierdie aspekte te ondervang en 'n raamwerk te skep waarbinne funksionering moontlik is.

Policies.jpg US PLAGIAATBELEID_IF.docx  US-BELEID_VOORKOMING-EN-HANTERING-VAN-PLAGIAAT.doc

 

Turnitin is 'n hulpmiddel wat gebruik kan word om leergeleenthede oor akademiese integriteit te skep en terugvoer in hierdie verband te verskaf.

Web resources.jpg 

 

Nosionele ure

Krediete is 'n maatstaf van die nosionele ure of leertyd wat dit die gemiddelde student sal neem om die voorgeskrewe uitkomste te bereik. Die Suid-Afrikaanse kwalifikasie-owerheid (SAKO of in Engels SAQA) gebruik 'n kredietstelsel wat op die idee gebaseer is dat een krediet gelyk is aan tien nosionele (aangenome) leerure. Agt krediete sou dus gelyk aan 80 ure wees, ens.

'Nosionele ure' verwys dus na student-ure – in en buite die klas – en sluit die volgende in:
• kontaktyd (van aangesig tot aangesig);
• tyd gespandeer in ander gestruktureerde leergeleenthede (bv. aanlyn leergeleenthede);
• individuele leer en voorbereiding (selfstudie, tyd ingeruim vir die uitvoering van werkopdragte en navorsing, ens.);
• tyd gespandeer aan die assesseringsprosesse, byvoorbeeld toetse en eksamens, en tyd gespandeer aan voorbereiding vir hierdie assesserings.

 

Lesinglokale

Die Universiteit Stellenbosch het nagenoeg 250 lesinglokale van verskillende groottes, toegerus met 'n verskeidenheid van toerusting.

Ongeveer 133 van hierdie lokale kan bespreek word indien dosente spesifieke onderrig- en leeraktiwiteite beplan. Vir lokaalbesprekings, kontak die Afdeling Akademiese Administrasie deur hier te klik.

Die figuur hieronder gee 'n opsomming van hierdie lokale, in terme van aantal sitplekke, beskikbare toerusting (wi-fi, webkamera, dokumentkamera, meubels wat geskuif kan word) en beskikbare kombinasies.

 SU Venues.jpg

​​