"ARTLA": Onderrig, Leer en Assessering ondersteuning vir akademici gedurende COVID-19
Die aanvang van
COVID-19 in 2020 het ons genoodsaak om ons in-persoon interaksie met studente aan te pas en voor te berei vir die implementering van “Emergency Remote Teaching, Learning and Assessment” (ERT). Hierdie jaar wil ons 'n ander model van leer en onderrig volg:
"ARTLA" (Augmented Remote Teaching, Learning and Assessment). Dit behels die kombinasie van aanlyn-leer met moontlike kontaksessies vir kleiner groepe. Die beginsels van goeie in-persoon O&L&A is steeds van toepassing in die aanlynomgewing – dit is slegs die modus van aanbieding wat verskil. Die vertrekpunt van hierdie proses van aanpassing is die herdink van die uitkomste, assessering en leergeleenthede van u module vir die aanlynomgewing. Dit is belangrik om die aktiewe betrokkenheid van studente in die ontwerp in te sluit asook om studente aan te moedig om verantwoordelikheid vir hulle eie leer te neem. Die DeLTA-proses is aangepas vir die "ARTLA"-omgewing, en is beskikbaar
hier
.
-cycle/curriculum-context/KK%20DeLTA%2018%20Aug.jpg)
Die eerste stap in die beplanning van die kurrikulum is om te kyk na die konteks waarin O-L-A sal geskied. Dit staan ook bekend as die
situasie- of behoefteanalise.
Dit is belangrik om kennis te neem en bewus te wees van die konteks op makro-, meso- en mikrovlak. Die makrovlak-konteks sluit die eksterne belanghebbers, byvoorbeeld die bedryf, werknemers, professionele liggame en hoër onderwys, in. Die mesovlak-konteks sluit die institusionele visie en doelwitte, die bestaansrede vir die program, departementele en dissiplinêre aspekte, beskikbare infrastruktuur, rooster, wi-fi, ens. in. Die mikrovlak-konteks sluit u as 'n dosent met u eie sterkpunte en swakpunte in, asook u studente met hulle behoeftes en agtergronde. Al hierdie aspekte moet in ag gehou word tydens die beplanning, ontwerp en ontwikkeling van u kurrikulum.
Enkele spesifieke aspekte wat in ag gehou moet word, is die volgende:
Die US het 'n spesifieke benadering ten opsigte van O-L-A, wat in die Strategie vir Onderrig en Leer 2014-2018 (beskikbaar onder) beskryf word.
Wanneer u dink oor kurrikulumontwerp, raak die aspek van
nosionele ure, soos gekoppel aan die kredietwaarde van 'n module ook belangrik.
Die leerruimte of lesingsale wat vir die fasilitering van studenteleer beskikbaar is, beïnvloed ook die ontwerp van hierdie geleenthede.
Die podsending hieronder gee 'n kort inleiding tot die aspek van kurrikulumkonteks.
US-benadering
Studentgesentreerde leer
Volgens die Universiteit Stellenbosch Leer- en Onderrigbeleid (Leer- en Onderrigbeleid, 2007): "In die Strategiese Raamwerk (April 2000) is die Universiteit se visie op die onderrigterrein soos volg geformuleer: 'n Universiteit wat gekenmerk word deur
onderrig van gehalte en die voortdurende vernuwing van onderrig- en leerprogramme en die skepping van effektiewe leergeleenthede / studiegeleenthede. Een van die boustene vir die realisering van die Universiteit se visie op die terrein van onderrig en leer is die verbintenis wat die Universiteit Stellenbosch aangaan om steeds daadwerklik te beweeg na die daarstelling van 'n
studentgesentreerde leer- en onderrigomgewing."
Die benadering van US ten opsigte van onderrig en leer word in die Strategie vir Onderrig en Leer 2014-2018 beskryf.
Die podsending hieronder gee 'n kort oorsig van die US se benadering:
E-ondersteuning (vermenging)
Die Sentrum vir Leertegnologieë streef daarna om die betekenisvolle en innoverende gebruik van tegnologie vir leer aan die Universiteit Stellenbosch aan te moedig.
Verdere leesstof:
-cycle/curriculum-context/Article.jpg)
Learner-centered-teaching.pdf
Plagiaat
SU Beleid
'n Belangrike deel van O&L @ US is om personeel en studente te bemagtig om akademiese integriteit te bevorder en plagiaat te elimineer. Die Universiteit moet dus verseker dat die nodige meganismes in plek is om sodanige gevalle op 'n konsekwente en billike manier te hanteer.
Dit is dus noodsaaklik dat die Universiteit 'n beleid in plek het om hierdie aspekte te ondervang en 'n raamwerk te skep waarbinne funksionering moontlik is.
US PLAGIAATBELEID_IF.docx
US-BELEID_VOORKOMING-EN-HANTERING-VAN-PLAGIAAT.doc
Turnitin is 'n hulpmiddel wat gebruik kan word om leergeleenthede oor akademiese integriteit te skep en terugvoer in hierdie verband te verskaf.
Nosionele ure
Krediete is 'n maatstaf van die nosionele ure of leertyd wat dit die gemiddelde student sal neem om die voorgeskrewe uitkomste te bereik. Die
Suid-Afrikaanse kwalifikasie-owerheid (SAKO of in Engels SAQA) gebruik 'n kredietstelsel wat op die idee gebaseer is dat een krediet gelyk is aan tien nosionele (aangenome) leerure. Agt krediete sou dus gelyk aan 80 ure wees, ens.
'Nosionele ure' verwys dus na
student-ure – in en buite die klas – en sluit die volgende in:
• kontaktyd (van aangesig tot aangesig);
• tyd gespandeer in ander gestruktureerde leergeleenthede (bv. aanlyn leergeleenthede);
• individuele leer en voorbereiding (selfstudie, tyd ingeruim vir die uitvoering van werkopdragte en navorsing, ens.);
• tyd gespandeer aan die assesseringsprosesse, byvoorbeeld toetse en eksamens, en tyd gespandeer aan voorbereiding vir hierdie assesserings.
Lesinglokale
Die Universiteit Stellenbosch het nagenoeg 250 lesinglokale van verskillende groottes, toegerus met 'n verskeidenheid van toerusting.
Ongeveer 133 van hierdie lokale kan bespreek word indien dosente spesifieke onderrig- en leeraktiwiteite beplan. Vir lokaalbesprekings, kontak die Afdeling Akademiese Administrasie deur hier te klik.
Die figuur hieronder gee 'n opsomming van hierdie lokale, in terme van aantal sitplekke, beskikbare toerusting (wi-fi, webkamera, dokumentkamera, meubels wat geskuif kan word) en beskikbare kombinasies.
-cycle/curriculum-context/SU%20Venues.jpg)