Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Konstruktiewe belyning

​​

​​KB DeLTA 18 Aug.jpg
Wanneer ons 'n kurrikulum beplan, moet ons eerstens duidelikheid hê oor wat dit is wat ons wil hê ons studente moet leer, en dan moet ons dienooreenkomstig onderrig en assesseer in 'n stelsel van onderrig wat in 'n ooreenstemming gebring is (Biggs, 1996). Só 'n stelsel is ten volle in kriterium georiënteer, aangesien die uitkomste bepaal wat ons behoort te onderrig; hoe ons dit moet onderrig; en hoe ons sou kon weet hoe goed studente dit geleer het. In onderrig wat in belyning gebring is, is daar maksimale konsekwentheid regdeur die stelsel. 

Die kurrikulum word uitgedruk in die vorm van duidelike uitkomste wat die vlak van begrip wat vereis word duidelik stel, eerder as om die onderwerpe wat gedek sal word bloot te lys. Die onderrigmetodes gekies is dié wat waarskynlik daardie uitkomste sal realiseer; u kry studente sover om die dinge te doen wat die uitkomste lys. 

Laastens spreek die assesseringstake die uitkomste aan, sodat u kan toets of, en hoe goed, die studente dit geleer het wat die uitkomste bepaal hulle behoort te leer. Assessering gaan oor hoe goed studente die beoogde uitkomste behaal, nie oor hoe goed hulle vir ons dit wat ons vir hulle vertel terugvertel nie.

Alle komponente in só 'n belynde stelsel spreek dus dieselfde agenda aan en ondersteun mekaar. Die studente is "vasgevang" in hierdie web van konsekwentheid, wat die waarskynlikheid dat hulle by die gepaste leeraktiwiteite betrokke sal raak, optimaliseer. 


Een onderafdeling van die hulpbron word die DeLTA-proses vir kurrikulumbeplanning en -hernuwing genoem.

Hierdie onderafdeling fokus daarop om die afdelings oor Uitkomste, Assessering en Fasilitering van Leer as Konstruktiewe Oriëntering bymekaar te trek, en is met wysiging uit die Carpe Diem-proses wat deur prof Gilly Salmon, Universiteit van Wes-Australië ontwikkel is oorgeneem.


Bykomende hulpbronne:

Teaching Teaching & Understanding Understanding, 'n bekroonde video van Claus Brabrand (skrywer en regisseur) van die Universiteit van Aarhus, Denemarke.  Om na hierdie kortfilm van 19 minute te kyk of om die DVD te bestel, klik op die ikoon.

Web resources.jpg 

'n Suid-Afrikaanse weergawe van die kortfilm Teaching Teaching and Understanding Understanding is aan KSUT geskep. Kontak prof James Garraway by GarrawayJ@cput.ac.za indien u hierin belangstel. 


 

Article.jpgAligning-teaching-for-constructing-learning.pdf

 

 

Uitkomste
UK DeLTA 18 Aug.jpg

DeLTA uitkomste 2.jpg 

Die formulering van uitkomste behels fundamenteel die skepping van kennis. Watter kennis, vaardighede en houdings verwag u by u studente teen die einde van 'n module of program? Wanneer ons 'n module of program beplan, identifiseer ons sekere "dinge" wat ons studente behoort te leer en te doen.  Ons moet hulle vertel wat hierdie "dinge" is.  Daarom formuleer ons uitkomste. 'n Beskrywing van 'n module of 'n program, in terme van wat studente gaan doen en wat hulle gaan leer, verskaf vooraf inligting wat help om die dosent se beplanning en die studente se leer te rig en te stuur. Uitkomste wys wat die dosent as belangrik ag. En dit help om te bepaal wat om te assesseer tydens of aan die einde van die module of program. Uitkomste maak dit moontlik vir studente om te bepaal of hulle geleer het wat hulle moes geleer het.

Volgens Phil Race (2012) is die dosent se kennis bloot inligting vir die student. Die vraag is hoe inligting kennis word.  Inligting word slegs kennis wanneer iemand iets daarmee "doen". Wanneer u hierdie "doen"-aksie wat die studente moet uitvoer, beskryf, is dit in terme van uitkomste. Byvoorbeeld, studente moet die inligting toepas/bereken/vergelyk/interpreteer/integreer om sodoende hulle eie kennis te skep. Kennisskepping is dus 'n aktiewe proses wat die dosent deur die geïdentifiseerde leergeleenthede fasiliteer.

Kennis kan in drie verskillende domeine geskep word: kognitief of kennis, psigomotories of vaardighede, of affektief of ten opsigte van houdings (attitudinal). Kennis binne elkeen van hierdie drie domeine kan op verskillende vlakke geskep word – van basies tot gevorderd.  Elke vlak voorveronderstel die vorige laer vlakke, maar dit is belangrik om die uitkomste op die hoogste vlak te formuleer.

Wanneer ons onderrig, moet ons duidelik wees oor wat ons wil hê ons studente moet leer. Meer spesifiek moet ons in staat wees om, onderwerp per onderwerp, te stipuleer hoe goed elke onderwerp verstaan behoort te word. Ooreenkomstig moet ons ons doelwitte uitdruk in terme wat van studente vereis om hulle begrip te demonstreer, en nie net bloot vir ons daarvan te vertel in eksamens onder toesig nie. Die eerste stap in die ontwerp van die kurrikulumdoelwitte is dus om duidelik te wees oor watter vlakke van begrip ons van ons studente wil hê, in watter onderwerpe, en watter uitdrukkings van begrip aan ons hierdie kennis sal gee.

Article.jpg Aligning-teaching-for-constructing-learning.pdf

 

Hieronder is 'n paar hulpbronne wat nuttig mag wees vir die opskryf/evaluering van uitkomste:

 
 

Taksonomieë

Uitkomste definieer die resultaat wat die studente moet verwerf as 'n resultaat van leergeleentheid in drie domeine, naamlik die kognitiewe (kennis), die psigomotories (vaardighede) en die affektiewe (houdings/waardes). Taksonomieë organiseer dosente se verwagte leeruitkomste in hierdie domeine in 'n hiërargie vanaf minder na meer kompleks, en hulle is dus nuttig wanneer u dink oor die verwagte leeruitkomste vir u module of program. Die bekendste en wydste gebruikte taksonomie vir die kognitiewe domein is deur Benjamin Bloom geskep.

1. Taksonomie vir leer in die kognitiewe (kennis-/ken-) domein (Bloom 1956 & 1999)

 LevelDefinitionSample student learning activities – use these to formulate your outcomes
1

Remembering/ Know about (lowest cognitive level)

to recall or remember facts without necessarily understanding them: observing and recalling information; knowing dates, events, places; knowing concepts & major ideas

name, arrange, define, duplicate, label list, memorize, name, order, recognize, relate, recall, reproduce, list, tell, describe, identify, show, label, collect, examine, tabulate, quote
2

Understanding/ Comprehension

to understand and interpret learned information: understanding information; grasping meaning; comparing; contrasting; ordering; grouping; inferring causes; predicting consequences; translating knowledge into new contexts

summarize, interpret, contrast, predict, associate, report distinguish, estimate, differentiate, extend, classify, describe, discuss, explain, express, discuss, translate, review, restate, locate, recognize

3Applying

to put ideas and concepts to work in solving problems: using concepts, theories in new situations; solving problems using required skills or knowledge

apply, demonstrate, calculate, complete,illustrate, show, solve, examine, modify, relate, change, classify, experiment, discover, choose, dramatize, employ, interpret, operate, practice, schedule, sketch, use

4Analysing

to break information into its components to see interrelationships and ideas: seeing patterns; organizing parts; recognizing hidden meanings; identifying components

explain, compare, select, analyze, appraise, calculate, categorize, compare, contrast, criticize, differentiate, discriminate, distinguish, examine, experiment, question, test, separate, order, connect, classify, arrange, divide, infer
5Evaluating

to judge the value of information based on established criteria: comparing and discriminating between ideas; assessing value of theories, presentations; making choices based on reasoned argument; verifying value of evidence; recognizing subjectivity

assess, decide, rank, measure, recommend, convince, select, judge, explain, discriminate, support, conclude, compare, appraise, argue, attach, defend, predict, rate, evaluate, conclude, summarize

6Creating

to use creativity to compose and design something original: using old ideas to create new ones; generalizing from given facts; relating knowledge from several areas; predicting; drawing conclusions

combine, integrate, modify, rearrange, substitute, plan, create, design, invent, compose, formulate, prepare, generalize, arrange, assemble, collect,  construct, develop, manage, organize, propose, set up, rewrite

 

Hierdie taksonomie vir die kognitiewe domein is oorspronklik in 1956 saamgestel en in die laaste aantal jare aangepas.

Wanneer hierdie kognitiewe vlakke as aksies beskryf word (deur werkwoorde te gebruik), bied dit 'n goeie beeld van die intellektuele vaardighede wat daardeur gekenmerk word:

  • Kennis: wat weet die studente; wat is die inhoud van wat hulle weet?
  • Begrip: tot watter mate verstaan die studente dit wat hulle weet? Hoe diep is hulle begrip?
  • Toepassing: Kan die studente die kennis toepas deur dit bv. in 'n ander konteks te gebruik as die een waarin die kennis oorspronklik verwerf is?
  • Analise: Kan die studente inligting analiseer en kennis sistematiseer, bv. deur verskillende aspekte te kategoriseer en/of hulle met mekaar te vergelyk en volgens spesifieke kriteria te orden?
  • Sintese: Kan studente die interafhanklikheid en verbande binne die verworwe kennisinhoud herken, en kan hulle kennis op 'n oorhoofse vlak integreer om tot nuwe insig te lei?
  • Evaluering: Is die studente in staat om hulle eie afleidings te maak en om self 'n oordeel uit te spreek oor bv. die meriete van 'n intellektuele argument of die gehalte van 'n kreatiewe wysiging van reeds bestaande kennis?

 

Bloom se Taksonomie

Web resources.jpg 

 

 

 

Die SOLO-taksonomie

Die SOLO-taksonomie help om vlakke van begrip wat in die beoogde leeruitkomste ingebou kan word te karteer en om die assesseringskriteria of -rubrieke te skep. Konstruktiewe belyning kan vir individuele kursusse (of modules), vir graadprogramme en op die institusionele vlak gebruik word, om alle onderrig in ooreenstemming met die eienskappe van die gegradueerde te bring.

Web resources.jpg


Soos reeds aangedui, behoort daar uitkomste in die domeine van kennis, vaardighede en waardes/houdings geformuleer word. Die afdeling hierbo handel oor die formulering van uitkomste in die kognitiewe domein. Net soos die kognitiewe domein, het die affektiewe en psigomotoriese domeine ook taksonomieë.

 

Taksonomie vir leer in die Affektiewe (houdings/waardes/syn) Domein (Rothwell & Kazanas 1992)

 LevelDefinitionSample student learning activities – use these to formulate your outcomes
1ReceivingPaying attentionListen to, perceive, be alert to, show tolerance of
2RespondingMinimal participationReply, answer, follow along, approve, obey, appreciate
3ValuingInternalising preferences, accepting values/beliefsAttain, assume, support, attempt, participate, continue, accept
4OrganisationDevelopment or acquisition of a new value systemOrganise, select, judge, decide, identify with, challenge
5CharacterisationAdopting and practicing a total new philosophy of lifeBelief, practice, continue, carry out, defend, dispute, join, praise, question, share, support

 

3. Taksonomie vir leer in die Psigomotoriese (vaardighede/doen) domein ("sien een doen een onderrig een")

 LevelDefinitionSample student learning activities – use these to formulate your outcomes
1

Perception (consciously incompetent)

Observing behaviours involved in a task, "see one"Watch, observe, take note, listen
2

Guided response (consciously competent)

performing a task with assistance, "do one"Demonstrate, practice, use, play,  implement feedback, reflect on own performance
3

Complex, overt response (unconsciously competent)

Acting without assistance, performing automatically, habitually, Most advanced learned movement, "teach one"Perform, do, use, bend, operate, shorten, stretch, give feedback to others, reflect on own performance

 

Hierdie dokument bied 'n opsomming van die taksonomieë van leerdomeine soos hierbo bespreek:  Summary of all domains.pdf


Formulering van uitkomste

 

Om 'n uitkoms te formuleer, word daar aanbeveel dat u 'n stel van duidelike stellings uitskryf oor

  • wat die leerders/studente sal weet/ken en verstaan;
  • wat die leerders/studente in staat sal wees om te doen, en op watter vlak;
  • en volgens watter waardes en met watter houdings hulle sal dink en optree

na afhandeling van die leerervaring.

Dit beteken dat u die volgende doen:
1.    Bepaal die gang van die leergeleentheid
Voorbeeld: Na afhandeling van die module/program …
Spel dan die volgende (nie noodwendig in hierdie volgorde nie) uit:
2.    'n onderwerp
Voorbeeld: Na afhandeling van hierdie module, sal u (of die kandidate / studente / …) 
(Daar word gereeld aanbeveel dat die eerstepersoon-aanspreekvorm gebruik word).
3.    een of meer werkwoorde, verkieslik aksiewerkwoorde
Voorbeeld: Na afhandeling van hierdie module, sal u in staat wees om … te identifiseer, aan te dui, te onderskei, te vergelyk, bloot te stel, te evalueer, ens.
4.    'n voorwerp
Voorbeeld: Na afhandeling van hierdie module, sal u in staat wees om 'n spesifieke stel kenmerke te identifiseer, 'n spesifieke gebruik van 'n formule deur te werk, verskillende dinge met mekaar te vergelyk, 'n spesifieke probleem op te los, ens.
5.    'n spesifieke raamwerk (konteks) of spesifieke omstandighede
Voorbeeld: Na afhandeling van hierdie module, sal u in staat wees om 'n taak binne 'n spesifieke konteks of onder spesifieke omstandighede (binne 'n spesifieke tyd of deur die aanwending van spesifieke hulpbronne en/of bronne, met 'n spesifieke doel voor oë, binne 'n spesifieke groepskonteks, ens.)
6.    'n spesifieke stel van waardes en norme en/of houdings wat denke en aksie rig
Voorbeeld: Na afhandeling van hierdie module, sal u in staat wees om 'n spesifieke taak onder spesifieke omstandighede uit te voer met die kritiese bewustheid en sosiale sensitiwiteit wat vereis kan word van …


 

Hieronder is twee podsendings wat u kan help met die skryf van uitkomste:

 

 

Die Eienskappe van die Gegradueerde soos uitgelig in die US Strategie vir Onderrig en Leer moet ook as uitkomste ingesluit word:

 

  

Hou die volgende in gedagte...

Op enige vlak van onderrig is memorisering van inligting noodsaaklik, maar die blote oordrag van kennis is nooit 'n gepaste doelwit vir 'n kursus (of module) of program nie. Selfs in die mees basiese en inleidende kursusse (of module) moet verwagte leeruitkomste ten minste begrip en toepassing van kennis beklemtoon. Op 'n nagraadse vlak moet die uitkomste op die hoër kognitiewe vlakke (vlak 3 en hoër) wees.

Verseker dat u leeruitkomste nie fokus op dit wat u as dosent sal doen nie, maar op dit wat studente in staat sal wees om aan die einde van die module te doen. 'n Frase soos "studente sal blootgestel word aan..." gaan nie oor studente-uitkomste nie.

Vermy vae terme soos ken/weet, waardeer, verstaan, vertroud wees met, of leer – sodanige terme sou kon dui daarop dat u as dosent meer sorgvuldig moet dink oor wat u wil hê u studente uit u kursus (of module) moet kry. 

Sê vir u studente in u leeruitkomste wat u verwagting is van wat hulle sal moet doen om hulle begrip te demonstreer, m.a.w. dat hulle die uitkoms baasgeraak het. Indien die uitkoms begrip behels, kan studente dalk dit wat hulle geleer het uiteensit, verduidelik, beskryf, modelleer of toepas in 'n nuwe konteks. Indien die uitkoms kritiese of kreatiewe denke behels, kan studente dalk dit wat hulle geleer het sintetiseer, evalueer of uitbrei.

Elke vakrigting en onderwerp sal natuurlik oor sy eie gepaste werkwoorde beskik wat verskillende vlakke van begrip weerspieël; met die onderwerp die voorwerpe wat met die werkwoorde saamgaan.

 

Formulering van SMART-uitkomste (sien video aan die onderkant van die blad) kan nuttig wees:

S = specific (not fuzzy) (in Afrikaans spesifiek (nie vaag nie))

M = measureable (must be able to assess if reached) (in Afrikaans meetbaar (assessering moet moontlik wees indien bereik word))

A = attainable (what is possible given infrastructure and logistics) (in Afrikaans haalbaar (wat is moontlik gegewe infrastruktuur en logistiek))

R= relevant (linked to aim of programme) (in Afrikaans relevant (gekoppel aan die doel van program))

T= time (feasible within module/semester, rotation) (in Afrikaans tyd (uitvoerbaar binne module/semester, rotasie))

 

Die Differentiator is 'n aanlyn hulpmiddel wat met die skryf van uitkomste volgens Bloom se taksonomie kan help en dit is beskikbaar deur op die webikoon te klik:

Web resources.jpg


 

Vorms A & B

 

By die Universiteit Stellenbosch moet ons ons programme en modules dokumenteer deur van Vorm A en Vorm B gebruik te maak. Die formulering van uitkomste, assesseringsplanne en module-inhoude maak deel uit van die voltooiing van hierdie dokumente. Hierdie aspekte is ooreenstemmig met die konstruktiewe belyningsproses wat in hierdie hulpbron beskryf word.

Die Vorm A-inligting sal gewoonlik in die Jaarboek vervat word en die Vorm B-inligting raak deel van die moduleraamwerk. 

Vir meer inligting oor Jaarboekveranderinge, nuwe programme en modules, kontak die Sentrum vir Akademiese Beplanning en Gehalteversekering.

 

Klik op die ikoon hieronder om hierdie afdeling se webwerf te besoek en kyk na die podsending hieronder vir 'n kort inleiding:

Web resources.jpg 

Form.jpg Vorm A beskikbaar hier:  http://www.sun.ac.za/afrikaans/learning-teaching/learning-teaching-enhancement/APQ/documents

Form.jpgVorm B beskikbaar hierhttp://www.sun.ac.za/afrikaans/learning-teaching/learning-teaching-enhancement/APQ/documents