"ARTLA": Onderrig, Leer en Assessering ondersteuning vir akademici gedurende COVID-19
Die aanvang van
COVID-19 in 2020 het ons genoodsaak om ons in-persoon interaksie met studente aan te pas en voor te berei vir die implementering van “Emergency Remote Teaching, Learning and Assessment” (ERT). Hierdie jaar wil ons 'n ander model van leer en onderrig volg:
"ARTLA" (Augmented Remote Teaching, Learning and Assessment). Dit behels die kombinasie van aanlyn-leer met moontlike kontaksessies vir kleiner groepe. Die beginsels van goeie in-persoon O&L&A is steeds van toepassing in die aanlynomgewing – dit is slegs die modus van aanbieding wat verskil. Die vertrekpunt van hierdie proses van aanpassing is die herdink van die uitkomste, assessering en leergeleenthede van u module vir die aanlynomgewing. Dit is belangrik om die aktiewe betrokkenheid van studente in die ontwerp in te sluit asook om studente aan te moedig om verantwoordelikheid vir hulle eie leer te neem. Die DeLTA-proses is aangepas vir die "ARTLA"-omgewing, en is beskikbaar
hier
.
Leer word beskryf as 'n aktiewe, kumulatiewe proses van kennisbou. Fasilitering van sinvolle leer behels dus die skep van leergeleenthede wat die bou van kennis sal ondersteun. Dit is belangrik om studente aktief te betrek by hulle eie leerproses as 'n voorvereiste vir sodanige kennisbou.
Dale se keël van leer of retensie gee 'n bondige opsomming van hoeveel ons onthou, gebaseer op die vlak van ons betrokkenheid. Die vlak van betrokkenheid ("engagement") geskep deur die leergeleenthede is aan die uitgedrukte uitkomste gekoppel. Uitkomste op die vlak van kennis en begrip kan lei tot lae vlakke van herroeping, gebaseer op beperkte betrokkenheid ("engagement"), terwyl uitkomste op die hoër kognitiewe vlakke tot meer aktiewe onderrig- en leerbetrokkenheid ("engagement") kan lei, wat tot hoër vlakke van herroeping kan lei.
Bron: http://creativa.com.au/wp-content/uploads/2014/08/Blog-62-edgar-dales-cone.gif
-cycle/constructive-alignment-facilitation-of-learning/Ontw%20sub-menu%20DeLTA%2018%20Aug.jpg)
Betrokkenheid ("engagement")
Studentebetrokkenheid ("student engagement") is noodsaaklik vir sinvolle leer. Betrokkenheid ("engagement") kan bewerkstellig word deur die implementering van verskeie strategieë, bv. aktiewe leer, koöperatiewe leer, samewerkende leer, diensleer, probleemgebaseerde leer, groepwerk of groepprojekte, of navorsings- of ondersoekgebaseerde leer.
Die artikel (sien onder) getiteld Pedagogies of engagement: classroom-based practices deur Smith, Sheppard, Johnson en Johnson (2005) gee meer agtergrond en inligting. Verskeie metodes of tegnieke kan ook geïmplementeer word om interaksie te ontlok.
Pedagogieë van betrokkenheid ("Pedagogies of engagement")
In hulle baanbrekersartikel oor pedagogieë van betrokkenheid, sê Smith et al. (2007) dat: "Opvoeders, navorsers en beleidmakers beveel vir 'n redelike tyd al studentebetrokkenheid ("student engagement") as 'n noodsaaklike aspek van sinvolle leer aan." Hulle praat van die werk gedoen in Ingenieurswese, waar verskeie metodes vir die verbetering van studentebetrokkenheid in voorgraadse programme, "insluitende aktiewe en koöperatiewe leer, leergemeenskappe, diensleer, koöperatiewe onderwys, ondersoek- en probleemgebaseerde leer, en spanprojekte", reeds gebruik is. Die artikel "fokus op klaskamergebaseerde pedagogieë van betrokkenheid, veral koöperatiewe en probleemgebaseerde leer. [Dit] bevat onder andere 'n kort geskiedenis, teoretiese gronde, navorsingsteun, 'n opsomming van praktyke, en voorstelle vir die herontwerp van ingenieursklasse en -programme ten einde meer studentebetrokkenheid in te sluit. Dit sit ook die navorsing vorentoe uiteen om pedagogieë te bevorder wat gemik is daarop om meer volledig studente se betrokkenheid by hulle leer te versterk ", en is definitief die moeite werd om te lees vir wat dit oor hierdie onderwerp te sê het.
Pedagogies-of-engagement.pdf
Tipes interaksie
Deur middel van uitgebreide navorsing, het Chickering en Gamson (1987) sewe beginsels wat voorgraadse onderrig kan verbeter geïdentifiseer.
-cycle/constructive-alignment-facilitation-of-learning/Article.jpg)
7 principles.pdf
Gebaseer op hulle navorsing, doen goeie praktyk in voorgraadse onderrig die volgende:
(1) dit moedig kontak tussen studente en fakulteit aan;
(2) dit ontwikkel wederkerigheid en samewerking onder studente;
(3) dit gebruik aktieweleertegnieke;
(4) dit gee onmiddellike terugvoer;
(5) dit beklemtoon tyd aan taak;
(6) dit kommunikeer hoë verwagtinge; en
(7) dit respekteer diverse talente en maniere van leer.
Koppeling van die tipes interaksie, volgens Chickering en Gamson (1987), met sommige onderrig- en leeraktiwiteite, sou as volg daar kon uitsien:
Student–fakulteit: Lesing
Student-student: Eweknieassessering, bespreking, groepwerk
Student–inhoud: Selfstudie, selfassessering, podsending
Hieronder is voorbeelde van leergeleenthede en assesseringsmetodes wat nuttig kan wees vir die ontwerp van 'n module:
(Besoek gerus ook die Sentrum vir Leertegnologiee se webwerf vir verdere ondersteuning en idees!)
Leergeleenthede | |
- Kyk 'n video
- Voer 'n toneelstuk op
- Teken 'n strookfilm
- Maak 'n plakkaat
- Doen 'n aanbieding
- Kyk na mekaar se aantekeninge
- Vul 'n vraelys in
- Skryf 'n opsomming (abstract) / konklusie
- Legkaart
- Eweknieassessering
- Formuleer vrae vir die toets
- Voer onderhoud met iemand
- Voltooi 'n e-portefeulje
- Soek inligting op die internet
- Diensleer
Perseelbesoek
| - Lees iets
- Vind 'n artikel in 'n koerant/tydskrif
- Bespreek met kollegas
- Skryf iets in hulle eie woorde
- Maak 'n opsomming
- Gee 'n voorbeeld
- Debatteer
- Groepsbespreking
- Selfassessering
- Doen 'n opdrag
- Skryf 'n toets
- Skryf 'n blog
- Lewer kommentaar op 'n stuk werk
- Stel 'n memo op
- Bou 'n model
- Aanlyn bespreking
|
Assesseringsmetodes |
- Klikkers (Clickers) (Na bespreking van idee, wys resultate op bord)
- Mondelinge eksamens
- Portefeuljes
- Selfstudie oor onderwerp (antwoord vrae)
- Skryf van aanbieding/voorstel (vir eie praktika)
- Probleem-gebaseerde gevallestudies
- Aanlyn vraelys (bv. op SunLearn)
- Blogs
- Studente stel eie toetse wat tel op
- Portuurevaluering (van geskrewe opstelle)
- Projekte / projek-aanbiedinge
- Lei die praktikum
- Groeptoets (skryf toets in groepe van twee)
- Groepwerk (studente gee vir mekaar punte)
- Maatevaluering-stelsel (Buddy-rating system)
- Wiki
- Gee studente rubriek, hulle assesseer hulle eie werk, daarna assesseer die dosent
|
Leergeleenthede
Lesing: Die lesing is steeds die metode vir leer en onderrig wat die meeste aan die US gebruik word. As 'n konvensionele lesing aangebied word, is die vraag hoe om dit meer effektief te maak. Die omgekeerdeklaskamertegniek (flipped classroom technique) kan dalk gebruik word. Skakels na hulpbronne met verdere moontlike idees word hieronder gelys:
Conventional (Konvensioneel)
Active (Aktief)
-cycle/constructive-alignment-facilitation-of-learning/Article.jpg)
Active_Learning_in_College_Classrooms.pdf
Reading-for-Active-learning.pdf
Interactivity (Interaktiwiteit)
Cooperative learning (Koöperatiewe leer)
Concentration (Konsentrasie):
Learner centered teaching.pdf
Clickers (Klikkers)
Dale's cone (Dale se keël)
Omgekeerde klaskamer (Flipped classroom)
-cycle/constructive-alignment-facilitation-of-learning/Article.jpg)
Flipped-Classroom-Field-Guide.pdf
Just in time teaching (Netbetydsonderrig)
Concept tests (Konseptoetse)
Peer instruction (Eweknieinstruksie)