Die Nagraadse Diploma (Hoër Onderwys) (Onderrig & Leer) is 'n tweejaar-, deeltydse program gemik op die uitbreiding van die professionele leer van akademici in die praktyk. Dit word op 'n streeksplatform aangebied, saam met die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK) en die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT).
Die program bestaan uit drie kernmodules en een elektiewe module:
Onderrig en Leer in Hoër Onderwys,
Assessering in Hoër Onderwys, en
Navorsing vir die Bevordering van Onderrig en Leer
Een elektiewe module - wat uit 'n verskeidenheid van opsies gekies word:
- Akademiese Leierskap en Bestuur;
- Nagraadse Studieleiding;
- IKT's vir Onderrig en Leer;
- Burgerskap, Sosiale Aanvaarding en Onderskeid;
- Diensleer en Gemeenskapsbetrokkenheid;
- Werk en Leer; en
- Herkenning van Vorige Leer.