Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Fakulteitsbetrokkenheid

​​​​​​​O-L-A Spilpunte

Die aard van die diens wat adviseurs aan fakulteite bied, verskil van fakulteit tot fakulteit, en word vasgestel in konsultasie met die Visedekaan O-L-A (of die ekwivalent van hierdie persoon) in elke fakulteit. Een ding wat al die fakulteitgebaseerde werk wel in gemeen het, is die vestiging van O-L-A​-spilpunte (hubs) in fakulteite. Die fakulteit se O-L-A-spilpunt is ’n belangrike meganisme om goeie onderrig te bevorder en ’n kritieke massa van akademici met ’n spesifieke fokus op die kwessie van O-L-A op te bou. Die spilpunte het ’n sentrale fokus op onderrig wat belangstelling, energie, rigtinggewing en leierskap genereer. Die O-L-A-spilpunt kan verskillende vorme aanneem, afhangende van die konteks van die spesifieke fakulteit. Die O-L-A-spilpunte inisieer, koördineer en bevorder gereelde aktiwiteite wat belangstelling en fakulteitsontwikkeling in akademiese onderrig aankweek. ​​

 

Konsultasies en klasbesoeke

SOL-personeellede doen op versoek klasbesoeke. Dosente mag 'n klasbesoek van die SOL-adviseur in hulle fakulteit versoek, en mag dit herhaaldelik doen om die waarde van hierdie groeigeleentheid te maksimeer.

Die klasbesoek word deur 'n bespreking en geskrewe verslag opgevolg, waarin daar vanuit 'n waarderende perspektief die volgende uiteengesit word: 1) die sterkpunte van die lesing en die dosent en 2) moontlike veranderinge wat beide die onderrig en leer kan verbeter. Die verslag word as vertroulik hanteer deur SOL en word slegs aan die dosent gestuur. Die dosent mag egter die verslag aanwend vir enige doel van sy/haar keuse. SOL beskou klasbesoeke as 'n voorreg en 'n geleentheid om verhoudings met akademiese personeel te bou.

Dosentkonsultasies rakende algemene onderrig- en leerondersteuning en die beplanning van 'n werksessie vir 'n departement/fakulteit geskied ook op versoek.

Dosente word ook aangemoedig om hulle kollegas uit te nooi om by hulle klasse in te sit. Navorsing toon dat portuurobservasies en -terugvoerbesprekings waardevolle professionele leergeleenthede is.

Tree asseblief met die SOL-adviseur in u fakulteit in verbinding indien u 'n klasbesoek of werksessie wil versoek:

 

​SOL adviseurs in fakulteite

Fakulteit ​​ Adviseur  E-pos Uitbreiding
AgriWetenskappe Charmaine van der Merwe
cv​andermerwe@sun.ac.za 9762
​Ekonomiese en Bestuurswetenskappe ​Gert Young gyoung@sun.ac.za ​4937
​Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Kontakpersoon
Dalene Joubert

dvermeulen​@sun.ac.za

4502
​​
​Ingenieurswese
Kontakperson:
Dalene Joubert

Karin Wolff (Adviseur: Onderrig en Leer, Fakultiet Ingenieurswese)


dvermeulen@sun.ac.za

wolffk@sun.ac.za​


4502​​

​Krygskunde Sim Ntwasa​ ​sim@sun.ac.za ​​
Letter en Sosiale Wetenskappe Karin Cattell-Holden kcattell@sun.ac.za 3074 / 9617
​Natuurwetenskappe ​Hanelie Adendorff hja@sun.ac.za ​9191
Opvoedkunde Anthea Jacobs jacobsa@sun.ac.za 9258
Regsgeleerdheid

Claudia Swart

claudias2@sun.ac.za

4502

Teologie Jean Farmer jeanlee@sun.ac.za2956
​​​