Ons bied 'n Skryfgeleentheid aan vir Finlo ontvangers en aansoekers aan by Ongegund Lodge en Konferensiesentrum tussen 30 Mei en 2 Junie 2023. Om deel te neem, voltooi hierdie
aansoekvorm en stuur dit na
finlo@sun.ac.za
Virtuele skryfsessie 7–10 Junie 2021

Dit was Finlo se tweede virtuele skryfsessie op MS Teams sedert die aanvang van die pandemie. ’n Selfs groter groep deelnemers het hierdie keer ingeskakel. Terugvoer was weereens baie positief, en deelnemers het waardering uitgespreek vir die geleentheid om tyd saam met ’n praktykgemeenskap deur te bring. Gestruktureerde sessies, besprekings en aanbiedings het onderwerpe aangeroer soos doelwitbepaling en besinning oor jou onderrig, sowel terugskouend as met die oog op die toekoms. Aktiwiteite het ook ’n virtuele bergklimtog ingesluit.
Virtuele Skryfgeleentheid – Oktober 2020

Weens die pandemie, is die Finlo Skryfgeleentheid vir die eerste keer aangebied op MSTeams, met baie positiewe terugvoer van die deelnemers. Hulle het dit waardeer om ander aansoekers aanlyn te ontmoet en het 'n ondersteunende gemeenskapsgevoel beleef. Gestruktureerde sessies is aangebied om op te maak vir die gebrek aan kontak. Deelnemers het 'n virtuele stappie en mediasie geniet. Aanbiedings oor Finlo riglyne en oor hoe om skrywerblokke te oorkom was ook vir hulle nuttig. Konsultasies het hulle gehelp met uitdagings rondom hulle Finlo voorstelle.
November 2019 Skryfgeleentheid
Die November 2019 skryfgeleentheid kom nader. Die Mei 2019 skryfgeleentheid was weer produktief: Vier befondsingsvoorstelle en drie artikels is ingedien teen die einde daarvan.
Teen die einde van die geleentheid het die meeste deelnemers hulle doelwitte bereik met sommige wat voorstelle ingedien het en ander artikels vir publikasie gefinaliseer het alhoewel hulle nie gedink het dit sou moontlik wees in so kort tydjie nie.