Centre for Teaching & Learning
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​

student feedback web banners - Afrik.png

​​​​​​​​By die Universiteit Stellenbosch is studenteterugvoer 'n belangrike proses wat gemik is op die ondersteuning en bevordering van goeie onderrig aan die instelling. Studenteterugvoer kan informeel ingesamel word deur die gebruik van Classroom Assessment Techniques (CATs) en Klasverteenwoordigers of formeel deur die institusionele elektroniese Studenteterugvoerstelsel wat deur die Sentrum vir Onderrig en Leer (SOL) geadministreer word.


Fakulteite, departemente en/of dosente word aangemoedig om die volgende as vertrekpunte vir studenteterugvoer te beskou: 

​Die gebruik van studenteterugvoer behoort in die eerste plek gemik daarop te wees om individuele dosente te bemagtig om hulle eie onderrig te verbeter. Slegs daarna kan terugvoer vir enige ander doelwit gebruik word – en slegs met groot omsigtigheid.​​​

Die betroubaarheid van studenteterugvoer-resultate kan deur verskeie faktore (respons-tempo's, die tyd van die verkryging van terugvoer, ens.) beïnvloed word. Dít en die ander faktore wat die resultate sou kon beïnvloed moet met die interpretasie van die resultate in gedagte gehou word.​​​

​​Dosente word aangemoedig om​ terugvoer aan studente te gee oor die gebruik en impak van studenteterugvoer vir die bevordering van leer en onderrig.​​​

​​​​​ ​​​​

Student feedback at Stellenbosch University is an important process aimed at supporting and promoting good teaching at the institution. Student feedback can either be informally gathered via Classroom Assessment Techniques (CATs) and Class representatives or formally through the institutional electronic Student feedback system administered by the Centre for Teaching and Learning (CTL).

Student feedback at SU is governed by a policy which encourages faculties and/or departments to keep the following points of departure regarding the use of Student Feedback, in mind:

  • The use of Student Feedback should firstly aim to empower individual lecturers to improve their own teaching. Only thereafter should feedback be used for any other purpose, and then with great circumspection.
  • The reliability of student feedback results could be affected by various factors (response rates, the time of obtaining feedback, etc.) These and other factors that could influence the results should be taken into account when interpreting the results.
  • Lecturers are encouraged to in turn, provide feedback to students about the use and impact of student feedback to promote learning and teaching.​

Iingxelo zezimvo zabafundi kwiYunivesithi yaseStellenbosch yinkqubo ebalulekileyo nekunjongo yayo ikukuxhasa nokuphakamisa ukufundisa okulungileyo kwela ziko.

Iingxelo zezimvo zabafundi zingaqokelelwa ngokungamiselekanga ngendlela yoBuchule boHlolo lwaseGumbini lokuFundela (CATs) nabameli beeKlasi okanye ngokumiselekileyo ngendlela yeziko enge-elektroniki eyinkqubo yokuqokelelwa kwezimvo zaBafundi elawulwa liZiko lokuFundisa nokuFunda (CTL). 

Iingxelo zezimvo zabafundi e-SU zilawulwa ngumgaqo-nkqubo ​okhuthaza iifakhalthi kunye/okanye namasebe ukuba agcine ezingqondweni ezi ndlela zilandelayo ngokujoliswe kusetyenziso lweeNgxelo zeZimvo zaBafundi: 

  • Usetyenziso lweeNgxelo zeZimvo zaBafundi kufuneka kuqala lube nenjongo yokuxhobisa abahlohli abazimeleyo ukuba baphucule ukufundisa kwabo. Kusemva koko apho kuya kufuneka ingxelo yezimvo isetyenziselwe nawuphi na umbandela ongomnye, ze ke ngoko ngobulumko obukhulu.
  • Ukuthembakala kweziphumo zeengxelo zezimvo zabafundi kungachatshazelwa zizinto ezahluka-hlukeneyo (amazinga eempendulo, ixesha lokufumana iingxelo zezimvo, njl njl.). Ezi nezinye izinto ezinokuba nefuthe kwiziphumo kufuneka zithathelwe ingqalelo xa kuhlalutywa iziphumo ezo. 
  • Abahlohli bayakhuthazwa ukuba ukubuyekeza oko, babonelele ngeengxelo zezimvo zabo kubafundi malunga nosetyenziso nemiphumela yeengxelo zezimvo zabafundi ukuphakamisa ukufundisa nokufunda.​

Die 2018 Leer en Onderrigbeleid (punt 7.1.3) dui aan dat studenteterugvoer die hoofbron van inligting is oor studente se ervaring van leer en onderrig maar dat die data gebruik moet word saam met ander bronne van terugvoer.  Voorbeelde hiervan sluit in Classroom Assessment Techniques (CATs), terugvoer van kollegas, self-evaluering asook refleksie en literatuur.


Sedert Januarie 2020 is slegs die elektroniese studenteterugvoerstelsel in gebruik en geen papier-studenteterugvoervorms is meer beskikbaar nie (dit sluit voorgraads- en nagraadse modules in).​
​ ​​

Elektroniese Terugvoer​stelsel

Die Studenteterugvoerstelsel is nou beskikbaar via 'n elektroniese platform. Dit is ontwerp sodat dit toeganklik is vir studente.  Die stelsel is geintegreer met SUNLearn met toegang vir studente en die Studenteterugvoerkantoor.​​​​ 

​​​​​​Die Studenteterugvoerpersoneel hanteer aktiveringsversoeke vanaf dosente of departemente​

'n E-registrasievorm moet asseblief alle versoeke vergesel.​​

Tydsberekening is belangrik: Skeduleer die opname lank genoeg vooruit dat studente voldoende tyd het om te reageer. Ervaring toon dat die responskoers van opnames wat oopmaak eers nadat klasse geëindig het, aansienlik laer is as dié wat voor die einde van die module uitgevoer word. Die ideaal is dat studente geleentheid kry om hulle behoeftes en bekommernisse uit te spreek voordat die klasse eindig. Dit is belangrik om sulke probleme met die studente te bespreek en vir hulle te wys dat dosente waarde aan hulle terugvoering heg en daarvolgens handel.

​​Proses vir aktivering van vraelys op Studenteterugvoerstelsel​


​​​​STAP 1: DEPARTEMENTE EN DOSENTE

  1. Voltooi 'n e-registrasievorm e-registrasievorm.  ​
    ​(Vir volledige instruksies, klik hier​)
  2. Stel studente in kennis van die terugvoervraelys wat beskikbaar gaan wees. Studente sal ook 'n formele kennisgewing via die stelsel ontvang.​

​​​​STAP 2: TOEGANG VIR STUDENTE TOT DIE STELSEL EN VRAELYSTE

  1. Studente sal 'n e-pos vanuit die stelsel ontvang met 'n skakel na die vraelys.
  2. Kliek op die skakel en teken aan met US gebruikersnaam en wagwoord.
  3. Voltooi die vraelys.​

STAP 3: DATA ADMINISTRASIE

  1. Sodra 'n vraelys geaktiveer is, sal die betrokke dosent via e-pos in kennis gestel word.
  2. Gereelde kennisgewings sal aan studente gestuur word vir die tydperk wat 'n vraelys beskikbaar is.
  3. Nadat die vraelys gesluit het sal die studenteterugvoerkantoor die data vanuit die stelsel onttrek en 'n verslag genereer. Alle verslae sal vanuit Sharepoint aan die volgende persone uitgestuur word:

  • Dosente ​➜ Elke dosent sal afsonderlik 'n verslag ontvang.​​​
  • Departementshoofde ➜​ 'n Leêr is op Sharepoint geskep waarin alle terugvoerverslae per departement gestoor word. Slegs die Departementshoof sal toegang tot die betrokke departement se leêr ontvang.​​
  • Fakulteitsdekane​ ➜​​ 'n Leêr is op Sharepoint geskep vir elke fakulteit waarin alle terugvoerverslae gestoor word. Slegs die Dekaan sal toegang tot alle terugvoerverslae hê.​


Programterugvoervorm

​Let wel: Die hersieningsproses van die Programterugvoervorm gaan nie meer plaasvind nie.  Tot verdere kennisgewing is die vorm nie beskikbaar vir gebruik nie.

Studenteterugvoer oor leer- en onderrigprogramme (uitgesluit die hoofsaaklik navorsingsgebaseerde programme op M- en D-vlak) word jaarliks aan die einde van die finale akademiese jaar van die program afgeneem. Die opname word gedoen onder finalejaarstudente. Dit is die verantwoordelikheid van programkomitees en -koördineerders om toe te sien dat dit geskied. ​​


Dosente-terugvoervorm

Ten einde 'n meer volledige voorstelling van die onderrig-en-leer-konteks te verskaf, is dit belangrik dat dosente ook terugvoer oor hulle ervarings van die onderrig van bepaalde modules gee.

Klik hier vir die dosente-​terugvoervorm.​​

​​

Frequently asked questions

  • Vir 'n lys van vrae wat gereeld gevra word oor studenteterugvoer, klik hier.

​Vertroulikheid

  • Alle studenteterugvoer data, insluitend dit wat ingesamel is en die verslae wat gegenereer word, is vertroulik. Slegs saamgestelde resultate word by verslae ingesluit.


    Vir meer inligting, kontak asseblief:
  •   Veronica Kleinsmith
  •   Ilke Arnolds​​
  •   Thabiso Zuma​​​