Human Resources
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Personeelontwikkeling

​​​​​​​​lyn_30.jpg28.jpg

Die Universiteit Stellenbosch (US)​ verbind homself tot die ontwikkeling van alle personeellede.  Terselfdetyd bevestig die Universiteit sy standpunt dat 'n gesofistikeerde ondersteuningsdiens vir personeel en onderrigontwikkling van kritieke belang is vir 'n universiteit wat poog om op nasionale en internasionale vlak te kompeteer en 'n betekenisvolle bydrae te lewer.

Die US se Personeelontwikkeling is 'n integrale deel van die Universiteit se visie, missie en langtermyn korporatiewe en strategiese plan en doelwitte.