Human Resources
Welkom by Universiteit Stellenbosch
​​​​​​​​​ ​

Gesondheidsbevorderingsprogram​​​​

Wat behels gesondheidsbevordering?​​​

"Gesondheidsbevordering steun persoonlike en sosiale ontwikkeling deur inligting te bied, mense oor gesondheid op te voed, en lewensvaardighede te verbeter. Sodoende brei dit die reeks beskikbare opsies uit waardeur mense meer beheer oor hul eie gesondheid en hul omgewings kan uitoefen, en gesondheidsbevorderlike besluite kan neem. Dit is noodsaaklik om mense in staat te stel om hul hele lewe lank te leer, om hulself vir alle lewenstadia voor te berei, en om chroniese siektes en beserings te hanteer…​"Ottawa Charter, WHO 1986


Depressie

Almal voel nou en dan bedruk. ’n Sterfte in die familie, ’n teleurstelling in jou loopbaan, ’n romanse wat skeefloop – sekere ervarings kan jou ’n tyd lank neerslagtig maak. Rou en hartseer is normale reaksies op sulke spanningsvolle lewensgebeure. Die meeste mense voel egter na ’n ruk weer beter en keer terug na hulle gewone roetine. Depressie is egter méér as die gewone voor- en teëspoed wat ons almal ervaar. Wanneer hartseer nie verbygaan nie en met ’n mens se daaglikse lewe begin inmeng, erken ons dit as ’n gemoedsteuring genaamd depressie.


Vroeë simptome van ligte depressie

Veranderinge in slaap- en eetpatrone; verhoogde prikkelbaarheid, verlies aan motivering, en onvermoë om frustrasievlakke te beheer of in toom te hou; onverklaarbare pyne en skete; traagheid en negatiwiteit; gebrek aan geesdrif of onvermoë om ontspanningsaktiwiteite te geniet; tranerigheid​



Stres​

Chroniese stres verhoog ’n mens se vatbaarheid vir depressie, wat die algemeenste geestesiekte van ons tyd is. Veral vroue tussen 30 en 40 is ’n hoërisikogroep..

Streswenke – hoe om stres te bestuur ​

Identifiseer jou stressors

​​​

Voel jy angstig? Kan jy die eise wat aan jou gestel word, hanteer? Ervaar jy gevoelens van ongemak of erge vrees? Vra jouself af of jy nie dalk te veel probeer doen nie. Indien wel, soek na praktiese oplossings om af te skaal.

Oefen, oefen, oefen

​​​​​

EOefening laat die liggaam meer endorfiene vrystel, verbeter suurstoftoevoer na die brein en verlig spierspanning. Stap, sluit aan by ’n drafklub, of begin met joga of tai chi. Wat jy ook al wil doen, kom aan die gang, gou.

Leer jouself verdedig

As ’n vrou in die hedendaagse Suid-Afrika, is dit eenvoudig ’n moet om jouself teen ’n gewelddadige aanval of verkragting te leer verdedig. Spoor die beste selfverdedigingsklasse in jou omgewing op en sluit aan. En neem jou vriendinne saam.

Mediteer

​​

Meditasie kalmeer jou denke en verfris die siel. Dit verlaag ook jou hartklop, bloeddruk en streshormoonvlakke.

Gaan gereeld vir ’n massering

​​

Massering is ’n uitstekende –
en bewese – teëvoeter vir stres.

Begin praat

Of jy nou jou hart teenoor ’n vriend of ’n professionele voorligter uitstort, dit is noodsaaklik om met iemand te praat as dit voel of jy op die randjie van ’n ineenstorting staan, of dalk reeds een beleef. Dink daaraan as ’n leerervaring en trotseer jou omstandighede. Probeer beperk die moontlikheid van ’n herhaling.​



MIV/vigs-werkplekprogram

Die Universiteit Stellenbosch ​(US) erken dat werknemers wat met MIV en vigs leef geregtig is op gelykheid, waardigheid en privaatheid, en besef voorts die erns van die MIV-en-vigspandemie. 

​Die werkplekprogram is in pas met die visie en missie van die US se Kantoor vir Institutionele MIV/vigs Koordinering (KIMK), en wil bewustheid wek, die verspreiding van die siekte deur opvoeding en opleiding voorkom, en gesamentlik ʼn omgewing skep waar geen personeellid op grond van MIV/vigs-status aan onbillike diskriminasie onderwerp word nie.

Die MIV/vigs-program bied die volgende:

  • Bewusmaking, wat die volgende insluit:
    • Inligting en opvoeding
    • Vrywillige berading en toetsing (VBT)
  • Toepaslike verwysing
  • Gesondheidsbevorderings- en voorkomingsprojekte oor MIV- en vigsverwante kwessies, wat kondoomverspreiding insluit
  • Steun aan personeel wat met MIV en vigs leef óf saamleef
  • Fasilitering van opleiding in portuuropvoeding (Peer Education) vir personeel vir personeel​


Die KIMK het die volgende visie in oorleg met die Universiteitsbestuur aanvaar:

“Teen 2012 is daar geen nuwe infeksies op kampus nie. Die Universiteitsbestuur, institusionele eenhede, personeel en studente werk saam om die leierskap, gesondheidsbevorderende optrede en gehalte-onderrig wat nodig is om doeltreffend op die MIV- en vigs-uitdagings in Suid-Afrika en die Afrika-kontinent te reageer, in werking te stel.”

Met hierdie visiestelling verbind die US hom tot ʼn uitwaarts gerigte rol in Suid-Afrika, Afrika en die wêreld ten einde ʼn MIV-vrye toekoms te skep


Portuuropvoedingsprogram vir personeel

Die eerste US-portuuropvoedingsprogram vir personeel is in November 2008 van stapel gestuur. Veertien personeellede van verskillende Universiteitsdepartemente is gewerf om in te skryf (sien foto hier onder). Daarná is ʼn tweede groep personeellede gedurende April en Mei 2009 opgelei. 

​Die portuuropvoedingsprogram vir personeel is in die lewe geroep om bepaalde MIV-inligting gebaseer op die behoeftes van US-personeel oor te dra. 

​​Dit is belangrik om te onthou dat personeellede verskillende uitdagings as studente in die gesig staar. As ouers, gemeenskapsleiers en professionele diensverskaffers, vervul personeellede etlike verskillende rolle in hul werks- en persoonlike lewens, en onderskat hulle dikwels die impak van hul werk op hul gesinne, kollegas en die groter gemeenskap. Hierdie program is daarop gemik om individue op te lei om nie net met gesag oor die kwessie van MIV te praat nie, maar ook aspekte van seksuele gesondheid met kollegas, hul gesinne en die gemeenskap te bespreek.

​Die opgeleide portuuropvoeders sal die Universiteit help om seksuele gesondheidsdienste vir personeel te bevorder, opleidings- en bewusmakingsaktiwiteite te fasiliteer, en die Welweesprogram van terugvoering te voorsien oor personeelbehoeftes met betrekking tot MIV en seksuele gesondheid.​​


Kontakbesonderhede