Physics
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Oor ons

Die fisika department is gestig in 1903 en het in 2003 sy eeufees gevier wat dit een van die oudste fisika departemente in Suid-Afrika maak. Die navorsers aan die departement was instrumenteel in die vestiging van die Suidelike Universiteite Kern Instituut wat gelei het tot die vestiging van iThemba Labs, sowel as die vestiging van die Nasionale Laser Sentrum by die WNNR en die Afrika Laser Sentrum. Die teoretiese fisika navorsers aan die department was die dryfkrag agter die vestiging van die Nasionale Instituut vir Teoretiese Fisika.

Die navorsingsgroepe het ook sterk internasionale samewerkingsnetwerke. Die department word gereeld deur verskeie uitmuntende professors en navorsers van reg oor die wêreld besoek.

​Ons aktiewe navorsingsomgewing spog met 'n groot aantal NRF geëvalueerde navorsers sowel as 'n SARChl navorsingstoel in ultravinnige laserwetenskap.