Natuurwettenskappe
Welkom by Universiteit Stellenbosch

Wat kan ek studeer?

​​Ons hoë gehalte, aktuele onderrigprogramme fokus daarop om alle studente tot hul volle potensiaal te ontwikkel, deur die geskikste metodes van onderrig te gebruik en `n gesonde wetenskaplike ingesteldheid by studente te kweek. Die ideaal is om graduandi te kweek wat mededingend en hoog in aanvraag is in die werksmark, en ook kan funksioneer as selfstandige, kritiese en kreatiewe denkers. 

Omdat die realiteite van plaaslike natuurwetenskappe binne die konteks van die internasionale wetenskapswêreld nie misken kan word nie, fokus ons ook toenemend op die toerusting van studente met wetenskaplike, taal- en elektroniese kommunikasievaardighede.

 
Voorgraads kan studente aan die Fakulteit Natuurwetenskappe `n BSc-graad in hul gekose studierigting verwerf, met ’n keuse uit die Biologiese Wetenskappe, Wiskundige Wetenskappe en Fisiese Wetenskappe. 

Dienskursusse in die Natuurwetenskappe word ook vir studente in die Fakulteite Landbou- en Bosbouwetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Ingenieurswese en Gesondheidswetenskappe aangebied. 

Al ons departemente bied ook nagraadse studieprogramme aan op honneurs-, magister- en doktorale vlak.

Voorgraadse Programme

Nagraadse programme