International Office
Welkom by Universiteit Stellenbosch

​​​​​​​​​​​​​​​​Tygerberg Internasionaal​

Internasionale voorgraadse elektiewe studente
​​

Oorsig

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe bied kwalifiserende internasionale studente keuserotasies van ten minste vier (4) weke in een akademiese departement of afdeling en​ vir ’n maksimum tydperk van agt (8) weke, wat in een departement/afdeling of in ’n geskikte kombinasie van twee (2) akademiese departemente/afdelings opgeneem kan word.​


Internasionale voorgraadse keusemodules

Jaarlikse openingsdatum:           28 Februarie
Jaarlikse sluitingsdatum:             31 Oktober

Kliniese keusemodules:
Aansoeke moet 12 maande voor die datum van die beoogde keuse ingedien word.

Navorsing en nie kliniese korttermynopleiding:
Aansoeke moet minstens drie (3) maande voor die aanvangsdatum van die keusemodule​ ingedien word.


Raadpleeg ons aanlyn aansoekriglyne hier


​Toelatingsvereistes​​
  • Studente moet as voorgraadse studente by 'n erkende internasionale tersiêre instelling geregistreer wees.
  • Studente moet in een van die gesondheidswetenskap‑dissiplines wat deur die FGGW van die US aangebied word, studeer.
  • Studente moet in die derde, vierde of finale jaar van hul kliniese opleiding by hul tuisinstelling geregistreer wees.
  • Studente moet hul tuisinstelling se goedkeuring en steun vir verdere opleiding hê.
  • Studente moet verseker dat die minimum vereistes vir die geselekteerde departemente, afdelings en eenhede nagekom word.
  •  Studente moet ná aanvaarding deur die betrokke akademiese departement as geaffilieerde studente van die US registreer. Studente moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) of die Suid-Afrikaanse Raad op Verpleging (SANC) as besoekende voorgraadse studente van die FGGW registreer voordat daar met die kliniese elektiewe begin kan word. Nie-kliniese aansoekers hoef nie by die HPCSA te registreer nie.
  • Studente moet toesien dat alle gelde ten volle betaal is voor die elektiewe opleiding 'n aanvang neem.

Studente wat voornemens is om vir nie-kliniese voorgraadse elektiewe en by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (HPCSA) te registreer, kan me Nicky Blows vir meer inligting oor uitruilstudente nader:​

Me. Marifa Muchemwa
+27 21 938 9549
TIOUGELECTIVES@s​un.ac.za​


’n Elektiewe program is ook by Hope en FAMCRU beskikbaar. Verdere inligting kan op hul onderskeie webwerwe gevind word:​

 Hope

 FAM-CRU




Internasionale voorgraadse elektiewe studente word ná hul elektiewe as deel van die US se FGGW alumni beskou en sluit hulle by ’n dinamiese internasionale gemeenskap aan.​​​​​